Hy is op 24 September 1936 in Greenville, Mississippi gebore. En 'veelsydig' is nie genoeg om hierdie man te beskryf nie. Jim Maury Henson was 'n Amerikaanse marionettespeler, kunstenaar, spotprenttekenaar, draaiboekskrywer, liedjieskrywer, musikant, regisseur en vervaardiger wat internasionale roem verwerf het as die man agter die Muppets.