Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.... more
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.
October 10, 2016Middag op RSG 1Mansmodes is in die 1800's deur die koms van die aandpak, in n nuwe rigting gestuur. Het jy geweet dat die oorspronklike Poole & Co. wat die Prins van Wallis se aandpakke gemaak het, steeds bestaan? Ettienne Ludick het navorsing gedoen oor die aandpak....more4minPlay
October 07, 2016Middag op RSG 1Henk Nel, die meesterbrein agter die selfoontoepassing BIRDLASSER, gesels met Christelle van Tonder oor die vooruitgang van tegnologie m.b.t voëlkyk. Ernst Retief van Birdlife South Africa verduidelik ook hoe hierdie toepassing help met die bewaring van voëls....more6minPlay
October 06, 2016Middag op RSG 1'n Rolprent sonder klank is deesdae ondenkbaar. Stel jou voor dat jy 'n rolprent van 90 minute lank sonder klank moet volg? Films met klank, soos ons dit vandag ken, is te danke aan THE JAZZ SINGER waarin Al Johnson die hoofrol vertolk....more4minPlay
October 05, 2016Middag op RSG 1Antoniem hoor hoe die bure se gehokte eksotiese voël sy omgewing se geluide namaak, en begin wonder hoeveel mense ook maar die geluide maak wat die samelewing wil hoor....more3minPlay
October 04, 2016Middag op RSG 1Rembrandt Harmenszoon van Rijn is vandag 347 jaar gelede oorlede in die ouderdom van 63. Hy was 'n Nederlandse skilder en etser. Hy word as een van die beste skilders in die geskiedenis van Europese en Nederlandse kuns beskou. Sy bydrae tot kuns was tydens die sogenaamde Goue Eeu in Nederland, 'n tydperk in die 17de eeu wat die hoogtepunt van die Nederlandse kultuur, wetenskap, handel en mag gevorm het. Hy het nie slegs die skoonheid van 'n persoon probeer uitbeeld in sy skilderye nie, maar ook die swaarkry en pyn wat hulle ervaar, probeer vasvang. Hy was oortuig daarvan dat hy 'n persoon se lewenservarings op hullle gesig kon sien....more4minPlay
October 03, 2016Middag op RSG 1Daar is 'n dierehospitaal in Greenside, Johannesburg, wat almal aan die gons het. Katte word vermaak deur hulle eie TV, honde het hulle eie speelarea en die hele hospitaal is boonop ekovriendelik. Dr. Joubert Viljoen het Christelle van Tonder op 'n toer deur die hospitaal geneem, en vir haar verduidelik hoekom hulle besluit het om die hospitaal ekovriendelik te maak....more5minPlay
September 29, 2016Middag op RSG 1In 'n kitssamelewing soek ons vinnig antwoorde en inligting. Met die internet tot ons onmiddelike beskikking, kan jy 'n antwoord op 'n vraag binne sekondes kry. Maar wat mag jy aflaai en versprei? Christelle van Tonder gesels met Salomè le Roux, 'n prokureur van Pretoria wat spesialiseer in ontwerp en kopiereg, intelektuele-eiendom en handelsmerke, oor wat die wet sê met betrekking tot kopiereg op foto's wat op die internet beskikbaar is....more5minPlay
September 28, 2016Middag op RSG 1'n Mens kry jou moedertaal saam met jou moedersmelk in, maar hoekom skiet dit net wortel in party mense se gene en bly vir ander bloot 'n kommunikasiemiddel?...more4minPlay
September 28, 2016Middag op RSG 1Dit is vandag Wêreld Hondsdolheiddag. Die dag is geskep om bewustheid van hierdie viralesiekte onder ons viervoetige vriende te skep. Ettienne Ludick praat met dr. Mariana Zietsman van die Helderkruin Dierekliniek in Johannesbugb oor die siekte en die voorkoming daarvan....more3minPlay
September 27, 2016Middag op RSG 1Die Verenigde Nasies se Wêreldtoerismedag word op 27 September gevier. Die doel van die dag is om bewustheid te skep oor die belangrikheid van toerisme asook die maatskaplike, kulturele, politieke en ekonomiese waardes wat daarmee gepaard gaan. Ettienne Ludick het meer oor hierdie dag gaan uitvind....more4minPlay
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.