Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.... more
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.
November 07, 2016Middag op RSG 1Soos ons kommunikasiemetodes verbeter, word kommunikasie tussen mense ook meer persoonlik. Die dae van slegs klank en beeld oor 'n selfoon is amper verby. Jy binnekort ook oor 'n afstand aan iemand kan raak! Martin Headger het by Rick Treweek, die stigter van African Robot, gaan uitvind wat hierdie nuwe tegnologie behels....more4minPlay
November 03, 2016Middag op RSG 1Die woord zorb is 'n term wat gebruik word om groot opgeblaasde balle te beskryf. Mense het al hierdie zorb-balle in sokker en sumostoei gebruik. Martin Headger het met Kathy Senekal van Bumper Balls SA in Johannesburg gesels oor haar belangstelling, en die gebruik van die zorb-balle....more4minPlay
November 02, 2016Middag op RSG 1Die meeste boeke en flieks gaan oor een of ander vorm van stryd waarin goed uiteindelik oor kwaad seëvier. Hoekom gebeur dit dan nooit in die verkeer waar die bose 'n skrikbewind voer nie?...more3minPlay
November 02, 2016Middag op RSG 1Nasionale Kinderdag word tradisioneel op die eerste Saterdag van November in Suid-Afrika gevier, en met 10% van die bevolking onder 6 jaar, is dit nodig om die harde feite en statistiek te konfronteer. Ons hoor ook by Chilli and Ice Consulting wat ouers kan doen om te help met kinderontwikkeling....more4minPlay
November 01, 2016Middag op RSG 1Jy het seker al gehoor van 'n gevorderdebestuurskursus, wat jou help om jou bestuursvermoë te verbeter deur jou te leer hoe om jou voertuig beter te beheer en te hanteer. Martin Headger het gaan uitvind wat die manier van bestuur behels....more5minPlay
October 31, 2016Middag op RSG 1Marthinus Mienie is 'n Suid-Afrikaanse jokkie wat op die ouderdom van 16 na die perdryakademie in Durban toe is om 'n loopbaan in die sport te begin. Hy is 'n skraal, kort man, maar volgens hom is hy eintlik glad nie klein nie. Christelle van Tonder het by Marthinus gaan kuier by die Turfontein-renbaan in Johannesburg....more4minPlay
October 27, 2016Middag op RSG 1Daar is mikroskywe in ons bankkaarte, ID-kaarte, motorsleutels en toegangskaarte… en binnekort ook in ons liggame. Martin Headger praat met Rick Treweek van African Robot oor die tegnologie wat hy in sy hand ingeplant het....more4minPlay
October 26, 2016Middag op RSG 1Antoniem wonder hoekom kinders wat in Suid-Afrika te lui is om hulle eie sokkies op te tel, sulke flukse aartappelskillers in Europa is....more4minPlay
October 25, 2016Middag op RSG 1Rotsklim is 'n baie gewilde sport, omdat jy nie superfiks hoef te wees om dit te beofen nie, maar jy word wel aangeraai om by 'n rotsklimgimnasium uit te kom omdat tegniek baie belangrik is. Martin Headger het by Ruald Paul by RockCity in Johannesburg gaan hoor wat alles by 'n rotklimgimnasium gebeur....more4minPlay
October 24, 2016Middag op RSG 1Wetenskaplikes meen dat sekere soorte besoedeling veroorsaak dat die osoonlaag dunner word. En dit veroorsaak op sy beurt dat daar 'n toename is in mense wat velkanker kry....more4minPlay
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.