Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
Begin jou middag op die voorvoet met musiek, joernaalinsetsels, en tegnologie- en vermaaknuus.... more
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.
August 15, 2016Middag op RSG 1Verbeel jou dat jy op 'n seeperdjie ry wat van plastiek gemaak is… In plaas van leisels, het jy handvatsels. En in plaas van bene is dit die druk van die water wat jou hoog laat styg en laag laat duik. Martin Headger het dit beleef en self ruiter gespeel by Sun City. Wilson Mabule, die operateur van die Jetovator, verduidelik hoe hierdie watersport werk....more4minPlay
August 11, 2016Middag op RSG 1Jy weet dat jy die wêreld 'n guns sal doen as jy herwin, maar kom ons wees maar eerlik – die mense is maar so dat jy baie makliker jou kant sal bring as jy iets daaruit kan kry. Este Gross praat met Tash Fromburg, bemarkingskonsultant van Imagined Earth, oor die eerste herwinningsmasjiene in Suid-Afrika....more4minPlay
August 10, 2016Middag op RSG 1Ken die meesters, hou jou wapens blink, en vind jou eie stem. Dit was die driepuntplan van Uys Krige aan jong skrywers destyds in Frankryk en Spanje....more4minPlay
August 10, 2016Middag op RSG 1Antoniem wonder of dit waar kan wees dat mense deesdae minder lees. Hy is dan genooi na 'n boekbekendstelling toe 1-uur in die nag - en gewaarsku om vooraf 'n kopie te bestel, net ingeval daar dalk nie genoeg voorraad is nie!...more4minPlay
August 05, 2016Middag op RSG 1Dit is vanjaar is die 120ste bestaansjaar van die moderne Olimpiese Spele. Die heel eerste Spele is in 774 voor Christus in Antieke Griekeland gehou. Die wenner is daardie tyd nie met 'n goue medalje beloon nie, maar met 'n olyfkrans afkomstig van 'n wilde olyfboom naby Zeus se tempel. Deesdae is die grootste eer wat 'n deelnemer vir sy land kan losslaan, 'n goue medalje. Este Gross vind meer uit oor die eerste Olimpiese goue medalje van die moderne era....more4minPlay
August 04, 2016Middag op RSG 1Die ysige koue bring soms 'n lekker verrassing as die grond toe lê onder 'n wit kombers. Dit is die beste ding vir 'n sneeusportliefhebber. En as die sneeu nie uit die lug uit val nie, moet dit gemaak word. Martin Headger het met Jason May, die sneeubestuurder by Afriski in Lesotho, gepraat om uit te vind hoe mens sneeu maak....more4minPlay
August 02, 2016Middag op RSG 1Wat is vir jou eg Suid-Afrikaans? Is dit braaivleis, bier en rugby? Ons sêgoed? Of hoe ons as 'n reënboognasie saamleef? Christelle van Tonder het 'n paar mense gevra hoe jy weet jy is 'n Suid-Afrikaner....more5minPlay
August 02, 2016Middag op RSG 1Op verkiesingsdag onthou Antoniem hoe algemeen dit jare gelede was dat vaders op hulle sterfbeddens hulle kinders laat sweer het dat hulle na sy dood sal aanhou om vir sy geliefde party te stem, kom wat wil! Gebeur dit dalk steeds met ander partye se blinde(lingse) volgelinge ook?...more3minPlay
July 29, 2016Middag op RSG 1Vandag is die een jaar herderking van die afsterwe van prof. T.T. Cloete. Cloete was 'n bekroonde Afrikaanse digter, Bybelvertaler, letterkundige en akademikus. Hy was verbonde aan die Potchefstroomse Universiteit (nou Noordwes-Universiteit) se Skool vir Tale en Skryfkuns. Hy het verskeie pryse vir sy werke ontvang, onder andere die Ingrid Jonker-prys, W.A. Hofmeyr-prys, Hertzogprys en die Andrew Murray-prys. Niemand kan sy storie beter vertel as hyself nie. In 'n onderhoud in 2014 vertel Cloete hoe hy by die letterkunde betrokke geraak het....more6minPlay
July 28, 2016Middag op RSG 1As jy radeloos voel oor al die gemorspos wat ongenooid in jou e-pos se inmandjie beland, is jy nie die enigste een nie. Na raming word daar elke dag meer as 100-miljard advertensie e-posse uitgestuur. Die meeste hiervan is gemorspos. In Engels staan dit as 'spam' bekend. Este Gross het gaan uitvind waar die term sy oorsprong het....more5minPlay
FAQs about Middag op RSG 1:How many episodes does Middag op RSG 1 have?The podcast currently has 1,356 episodes available.