Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.
November 30, 2020DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 61Frank se maatreëls om sy gesin te beveilig ly skipbreuk, en hulle vlug na ’n buitengewone skuilplek. Die toestand vererger, en geleidelik begin die hoop in almal vervaag....more16minPlay
November 27, 2020DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 60Frank, Hans en Robert word deur ’n onverwagte gesig begroet toe hulle saam met Barnie van buite af die huis binnekom. Barnie neem ’n dapper besluit, en kort voor middernag is die Campbell-huishouding in skok en vertwyfeling....more14minPlay
November 26, 2020DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 59Frank kom van buite af in met nuus dat die harde reën opgehou het, maar dat daar nog donker wolke na die Langkloof se kant toe is. Martha rig ’n stille waarskuwing aan Frank wat hom ongemaklik stem. Barnie kom met ontstellende nuus....more14minPlay
November 25, 2020DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 58Hans en Robert het goeie nuus vir Frank en Martha. Frank nooi Barnie om later die aand iets warm voor die kaggelvuur te kom drink indien hy te koud sou kry. Barnie is ongerus....more12minPlay
November 24, 2020DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 57Pollie is bekommerd oor Hans, en Piet Vink oortuig Faans om saam met hom na Vlakplaas se poskantoortjie te probeer gaan om Barnie te bel om te hoor hoe dit op Kleinpoort gaan. Frank verseker Martha van die feit dat hy die huis hoog bo die vloedlyn gebou het, en Faan het slegte nuus vir Pollie....more15minPlay
November 23, 2020DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 56Faans en Pollie Terblanche is ten gronde oor vloedskade op Hoekplaas, maar Pollie herinner Faans daaraan dat hulle immers nog die toevlug van ’n stewige huis het. Hans en Robert maak ’n skokkende ontdekking....more15minPlay
November 20, 2020DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 55Frank en Barnie is bekommerd oor die hoeveelheid water wat hulle uit die bergklowe sien afstroom na die Baviaanskloofrivier, waarvan die vlak bly styg. Barnie is bekommerd oor nuus uit die Bo-Kloof....more13minPlay
November 19, 2020DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 54Vroeg Donderdagoggend is Frank baie opgewonde, want ná agtien lange maande is die droogte uiteindelik finaal gebreek! Barnie bied aan om Flossie en die seuns skool toe te neem met sy motor, en Kosie Schreuder het ’n belangrike besluit om te neem....more14minPlay
November 18, 2020DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 53Die goeie reënval is nie net baie welkom in die Onder-Kloof nie, maar laat by Hans ook die hoop ontstaan dat die droogte op Hoekplaas uiteindelik gebreek sal word. Verwysings na die vloed van 1905 en die voorspellings van Hendrik Skoorbek, demp die opgeruimde stemming aan tafel....more13minPlay
November 17, 2020DIE WILDEDRUIF VAL deur P.H. Nortjé - Episode 52Frank berou sy vorige uitsprake, en deel wonderlike nuus met Martha. Barnie Zilburg word vir ete genooi, en Flossie sowel as Ada deel besonder goeie nuus met Martha....more16minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.