Erik steur hom aan die ouvroustories van die Vallei dat Sara 'n miskraam sal hê, en hy gebruik die geleentheid om Sara te oortuig dat Mina by Tietser moet gaan woon. Gert Afrika, Mina se pa, trou weer, en Sara neem Mina teësinnig na Tietser, maar sweer dat Mina, wanneer sy groter is, sal terugkom na haar toe.