Spanning oor die verhoor en Katryn se vreemde houvas op hom, het regter Te Doorn 'n hewige angsaanval besorg, wat hom in die hospitaal laat beland het. Dit gaan boonop nie goed tussen hom en sy vrou, Leona nie. Abraham vertel Doempies van die keer toe Dirk Beeslaar met 'n handperd, belaai met kanne wyn, by die Namas opgedaag het.