Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.
January 22, 2025TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 8Dennis en Richard bespreek hoe hulle sal verseker dat al nege die uitgenooides aan boord gaan en veilig gehou word. Magda en Susan besluit of Lauren sterk genoeg is vir die bootreis....more15minPlay
January 21, 2025TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 7Dennis ontmoet vir kaptein Deon Smit by ‘n koffiewinkel. Hulle gesels oor die verlede, en beraam planne vir wat aan boord die SS Salicina sal gebeur....more14minPlay
January 20, 2025TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 6Tydens ʼn private sessie by Magda, erken Lauren hoe skuldig sy teenoor Susan voel. Richard en Tanya bespreek die verdubbeling van die geld, en neem ʼn besluit om aan boord die skip te gaan. Deon Smit, ʼn afgetrede polisieman, bel vir Richard....more15minPlay
January 17, 2025TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 5Dennis en Richard ontmoet, en gesels oor die feit dat hulle maar min kon uitvind oor Madame Kyrioskie en haar boot. Dennis bel vir Albert, en probeer om die waarheid oor die bootreis uit te vind. Albert kondig aan dat Madame Kyrioskie besluit het om die geld wat hulle op die bootreis sal verdien, te verdubbel....more16minPlay
January 16, 2025TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 4Susan, Bettie en Essie word almal wakker wanneer daar in elkeen van hulle se bankrekeninge R30 000 gedeponeer word. Richard en Tanya word ook wakkergemaak deur die deposito’s. Hulle bespreek die moontlikheid van nog ‘n vitrobehandeling, wat dalk keer dat Tanya mag saamgaan op die bootreis....more13minPlay
January 15, 2025TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 3Richard vra vir Susan, Bettie en Essie om te wag met hulle besluit oor die bootreis. Kaptein JP Swart bel vir Madame Kyrioskie. Hy is bekommerd omdat niemand haar uitnodigings al aanvaar het nie....more13minPlay
January 14, 2025TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 2Almal wat uitgenooi is vir die plesierbootvakansie word helfte van die ‘omkoopgeld’ dadelik belowe. Richard vra vir Dennis om te kyk wat hy oor die bootreis kan uitvind. Susan gesels met Lauren om seker te maak of sy emosioneel gereed is vir die bootreis....more14minPlay
January 13, 2025TIEN DAE deur Lee Doubell - Episode 1Essie word in die polisieselle aangehou, en Richard kom om haar te haal. Lauren is weer terug by Nova Sentrum vir behandeling deur Magda. Susan, Magda en Lauren word vir ‘n geheimsinnige tiendae lange plesierbootvakansie uitgenooi....more14minPlay
January 10, 2025BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 22 (slot)Dis die laaste dag van die vakansie, en die groot oppak begin. Henk se rug is in spasma van heeldag se staan en aartappels skil, en Ansie verras hom deur hom mee te deel dat hy vir Dollie moet help om vir Skommel te haak. Toontjies verloor per ongeluk Dollie se gesogte Harley Davidson Bar & Shield Flames-snoekerballe tydens die opslaan van hulle tafelblad – tot Dollie se groot ontsteltenis. Suzette lei aan vakansieblues, en deel ‘n geheim met Dries wat die wind uit sy seile slaan. Dis die laaste aand om die kampvuur – tot Dries opstaan om met die kampeerders die groot nuus te deel. Dit is die laaste aand in Pikkewynpark... of is dit?...more15minPlay
January 09, 2025BOKKOMS VIR BRÊKVIS deur Ilne Fourie - Episode 21Dries word deur Suzette oor die vingers getik oor sy ongesonde leefstyl. Die eerste lekkerny wat gesny moet word, is kondensmelkkoffie. Dries skop viervoetig vas, en beklemtoon dat hy klaar is met soja en amandelmelk – boontjies hoort in ‘n bredie en neute in koekstruif. Sommer gou kloof die egpaar hare oor die BBB van verstaan jou man en die alfabet van vrouwees. Dollie en Toontjies is druk besig om voor te bly met Henk en Ansie se visvoorraad. Dollie sien gou dat die vis en skyfies verkoop soos soetsnoek en sy kop se besigheidsratte begin draai. Suzette word uitgevang, en moet te kenne gee – kondensmelkkoffie bly die beste....more15minPlay
FAQs about Middagvervolgverhaal:How many episodes does Middagvervolgverhaal have?The podcast currently has 3,021 episodes available.