Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,381 episodes available.
August 22, 2025Monitor 22 Augustus 2025Daar is te min plek in sommige Wes-Kaapse skole vir voornemende Graad 8-leerlinge. Die Minister van Toerisme is onder skoot oor haar besluit om SA Toerisme se direksie te ontbind. ’n Versoek aan Suid-Afrikaners om aan 'n vyfdag nasionale tydperk van rou en medelye deel te neem. Ons fokus op die Springbokke se plan vir hulle tweede toets teen die Wallabies....more47minPlay
August 21, 2025Monitor 21 Augustus 2025Die twis tussen die Minister van Toerisme, Patricia de Lille, en die raad van SA Toerisme het 'n lang aanloop. Besware teen veranderinge aan die beperkings op skenkings aan politieke partye. Ons praat met die voorsitter van die parlementêre polisiekomitee, Ian Cameron, nadat hy en twee ander DA-lede in Phillippi-Oos in Kaapstad aangeval is....more48minPlay
August 20, 2025Monitor 20 Augustus 2025'n Voormalige direkteur van die Nasionale Loteryeraad moet R21 miljoen terugbetaal. Die Nasionale Dialoog probeer om die sewe stigtings wat vroeër onttrek het, weer aan boord te kry. Die Kremlin steur hom skynbaar nie aan moontlike samesprekings om die oorlog in Oekraïne te beëindig nie....more51minPlay
August 19, 2025Monitor 19 Augustus 2025Die parlement se ad hoc-komitee oor bewerings van korrupsie binne die strafregstelsel sal nog twee dae moet vergader om hulle verwysingsraamwerk af te handel. Rise Mzanzi eis dat die hoof van die Weermag bedank. Vroue praat oor hulle werk by die Nasionale Seereddingsinstituut....more49minPlay
August 18, 2025Monitor 18 Augustus 2025Uiteenlopende menings oor die naweek se Nasionale Konvensie. Ons praat met Oudspringbok Wynand Claasen oor die Bokke se nagmerrievertoning. 'n Plaaslike aksie-fliek met 'n vroueheld in Vrouemaand vrygestel....more49minPlay
August 15, 2025Monitor 15 Augustus 2025Die soektog na 'n vermiste vlieënier in Durban word vanoggend voortgesit. Talle nie-regeringorganisasies sal die Nasionale Dialoog in Pretoria bywoon. Die ad hoc-komitee van die Parlement, wat bewerings van politieke inmenging en korrupsie in die polisie sal ondersoek, oorweeg 'n robuuste verwysingsraamwerk....more49minPlay
August 14, 2025Monitor 14 Augustus 2025'n Staatsgetuie in die Joshlin Smith-saak word van vervolging gevrywaar. Die lang wag in 'n tou vir jou ID-dokument of paspoort is binnekort iets van die verlede. Onderwyskundiges is bekommerd oor die druk op leerlinge om eerder Wiskunde Geletterdheid as suiwer Wiskunde te neem....more49minPlay
August 13, 2025Monitor 13 Augustus 2025Suid-Afrika gaan die diversifisering van uitvoermarkte bespoedig. 8,4 Miljoen Suid-Afrikaners is nou werkloos. Uitspraak word verwag in die Joshlin Smith-staatsgetuie, Lourentia Lombaard, se aansoek om haar van vervolging te vrywaar. OUTA moedig besighede en huishoudings aan om vir tyd en wyl nie hulle sonkragstelsels by Eskom te registreer nie....more48minPlay
August 12, 2025Monitor 12 Augustus 2025Vrese oor die storting van kernafval in die Noord-Kaap. Die soldate wat in die DRK ontplooi was, wag steeds op vergoeding. Ons praat met Operasie Dudula se voorsitter oor dié beweging se optrede teen buitelanders....more50minPlay
August 11, 2025Monitor 11 Augustrus 2025Die Presidensie sê die eerste byeenkoms van die Nasionale Dialoog sal Vrydag plaasvind, ondanks sewe stigtings se ontrekking aan die voorbereidingstaakspan. Omgewingsaktiviste is gekant teen 'n tweede kernkragaanleg in die Wes-Kaap. Sakeliga eis nasionale ingryping by die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes....more50minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,381 episodes available.