Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,573 episodes available.
June 16, 2026Monitor: Vyf dekades ná 1976 staan jong Suid-Afrikaners steeds voor talle uitdagings16 Junie 2026: Vyf dekades ná die opofferings van slagoffers van die 1976 Soweto-betogings, staan jong Suid-Afrikaners vandag steeds voor talle uitdagings. Die jongste misdaadstatistiek van die Noord-Kaap dui daarop dat die stryd teen georganiseerde misdaad vrugte afwerp. Sowat 70 000 toelaes word tydelik opgeskort weens nie-nakoming en onvoldoende verfikasieprosesse by SASSA....more50minPlay
June 15, 2026Monitor: Is vredesooreenkoms tussen VSA en Iran volhoubaar?15 Junie 2026: Is die ooreenkoms tussen die VSA en Iran volhoubaar? 'n Beoogde wet poog om die polisiediens meer professioneel te maak. Nóg twee kandidate tree toe tot die die stryd om die burgemeesterskap van Kaapstad....more52minPlay
June 12, 2026Monitor: OUTA vra Eskom om deelnameproses te verleng oor Jhb-skuld12 Junie 2026: OUTA vra Eskom om sy openbare deelnameproses te verleng, oor sy voorneme om kragtoevoer aan Johannesburg te onderbreek. Dringende ingryping word geëis om die land se staalbedryf te red. Moedelose inwoners van Atlantis wil voor die wonings van vermeende bendeleiers betoog om bendegeweld te stop....more47minPlay
June 11, 2026Monitor: Menseregtekommissie sê Makana-plaaslike owerheid in Makhanda moet ontbind11 Junie 2026: Die Menseregtekommissie beveel aan dat die Makana-plaaslike owerheid in Makhanda ontbind, omdat hulle nie die behoeftes van die kiesers dien nie. Sowat 80% van selfdoodgevalle in Suid-Afrika is mans. Sommige lede van die parlement se Polisiekomitee sê daar is 'n toesmeerdery van die diefstal op president Cyril Ramaphosa se Phala-Phala-plaas....more51minPlay
June 10, 2026Monitor: ‘ANC-studiegroepe in die parlement is problematies’10 Junie 2026: Die Staatsdienskommissie sê die ANC se studiegroepe in die parlement is problematies. Ons praat met werkgewers oor die regering se plan om maatskappye oor ongedokumenteerde buitelandse werkers vas te vat. Nuwe navorsing toon dat 77% van diabete ook aan angs en depressie ly....more50minPlay
June 09, 2026Monitor: Kommerwekkende vlakke van drankmisbruik onder meisies en jong vroue9 Junie 2026: Politieke partye reageer uiteenlopend op president Cyril Ramaphosa se plan met ongedokumenteerde buitelanders. Die Maquassi Hills-munisipaliteit reageer op skerp vrae van die provinsiale Staande Komitee oor Openbare Rekeninge. Navorsing deur die Universiteit van Kaapstad wys drankmisbruik neem toe onder meisies en jong vroue....more51minPlay
June 08, 2026Monitor: Ons ontleed die president se plan vir xenofobie8 Junie 2026: Ons ontleed die president se plan oor die xenofobiese drukpot. Kommer oor die groot getal polisiewapens wat in misdadigers se hande beland. Fitch het Suid-Afrika opgradeer - 'n ekonoom verduidelik watter voordele dit vir die land inhou....more51minPlay
June 05, 2026Monitor: Inwoners langs Krommerivier moet ontruim5 Junie 2026: Inwoners langs die Krommerivier in die Oos-Kaap versoek om dringend hulle huise te ontruim. ‘n Nie-regeringsorganisasie wil R279 miljoen se Suid-Afrikaanse wapenuitvoere na Amerika keer. ‘n Kenner waarsku teen 'n nuwe sosiale media-tendens wat gevaarlike gevolge kan inhou....more48minPlay
June 04, 2026Monitor: Uitleweringsprosedures begin vir Mosambieke verdagtes in die moord op egpaar in Krugerwildtuin4 Junie 2026: Samewerking tussen Suid-Afrika en Mosambiek was die sleutel tot die inhegtenisneming van twee verdagtes vir die moord op 'n egpaar in die Krugerwildtuin. Uitleweringsprosedures begin nou sodat hulle hier tereg kan staan. Johannesburg se finansies word as 'n 'gruwelvertoning' beskryf. Ons hoor wat die jongste in die Kougastreek is waar sekere inwoners gevra is om te ontrium weens oorstromings. Die March and March-beweging wat teen ongedokumenteerde buitelanders betoog, se beweegredes word krities bekyk....more48minPlay
June 03, 2026Monitor: Polisiekommisaris in Mosselbaai ná xenofobiese geweld3 Junie 2026: Die waarnemende nasionale polisiekommisaris lê vanoggend besoek in Mosselbaai af ná die naweek se xenofobiese geweld. Gauteng se Departement van Maatskaplike Dienste gaan befondsing aan nie-regeringsorganisasies staak, wat buitelandse burgers as maatskaplike werkers in diens neem. Die Wes-Kaap maak gereed vir nog 'n rondte stormweer....more46minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,573 episodes available.