Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,381 episodes available.
July 25, 2025Monitor 25 Julie 2025Afslaers sê daar kleef 'n stigma aan die Gupta-huise in Johannesburg, want net een van drie eiendomme is gister verkoop. Hoe groot is die druk van binne die ANC om van die DA as 'n RNE-vennoot ontslae te raak? 'n Kenner sê moontlike sanksies teen ANC-politici sal nie noodwendig alle Suid-Afrikaners benadeel nie. Nadat die enkele Knysna-olifant in die Tuinroetestreek van die Wes-Kaap onlangs waargeneem is, vra SANParke die publiek om nié die ligging van die dier bekend te maak nie....more48minPlay
July 24, 2025Monitor 24 Julie 2025Die Toedelingswetsontwerp word in die Nasionale Vergadering goedgekeur. Die Wes-Kaapse landbousektor wag in spanning op die 30%-tarief wat op 1 Augustus deur die VSA ingestel word. Ons praat hieroor met die bestuurshoof van Agri Wes-Kaap. Die VSA is 'n tree nader om sanksies teen die ANC-leierskap in te stel....more49minPlay
July 23, 2025Monitor 23 Julie 2025Die MK-party dien 'n mosie van wantroue in teen president Cyril Ramaphosa. Die Nasionale Vergadering moet besluit oor die stigting van ’n ad hoc-komitee om Nhlanhla Mkhwanazi se bewerings te ondersoek. Inwoners van Welverdiend in Gauteng is al amper vier weke sonder krag. 'n Peiling wys Suid-Afrikaners stres minder oor hulle finansies as twee jaar gelede....more49minPlay
July 22, 2025Monitor 22 Julie 2025Reaksie op die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding se afdanking. Wie is die nuwe minister, Buti Manamela? Die seëvierende Junior Bokke trots terugverwelkom. Vandag, op Wêreld Breindag, is die vinnige toename in demensie-gevalle onder die soeklig. Ons praat met 'n neuroloog....more51minPlay
July 21, 2025Monitor 21 Julie 2025Flysafair-vlieëniers verbonde aan die vakbond, Solidariteit, begin vandag met 'n tweeweeklange staking. Die regering onderneem om die nodige hervormings in te stel om soortgelyke tragedies soos die George-gebouramp, te voorkom. Leefstyloudits op senior staatsamptenare is in die kollig. Japan se regerende party verloor sy meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers....more49minPlay
July 18, 2025Monitor 18 Julie 2025FlySafair tref voorsorgmaatreels ter voorbereiding van 'n dreigende staking deur vlieëniers. Ons praat met die medevoorsitter van die groep van vooraanstaande persone, dr. Roelf Meyer, wat die Nasionale Dialoog sal lei. Op Mandela-dag praat ons oor leierskap, spesifiek verantwoordelike leierskap, of die gebrek daaraan....more50minPlay
July 17, 2025Monitor 17 Julie 2025Die SAUK se nuusdiens is vandag 75 jaar oud. Joernaliste wat oor die jare by Monitor gewerk het, vertel hulle staaltjies. Hoe het die medialandskap - en spesifiek die SAUK - die afgelope 75 jaar verander?...more50minPlay
July 16, 2025Monitor 16 Julie 2025Die inkomende waarnemende minister van polisie, professor Firoz Cachalia, sê hy is opgewasse vir die taak. Die OVK se verslag oor 2024 se algemene verkiesing is onder die vergrootglas. Bitcoin groei sterk terwyl Amerikaanse wetmakers nuwe kriptowetgewing oorweeg. Kry Suid-Afrikaners waarde uit die sektorale onderwys- en opleidingsowerhede? President Donald Trump las 'n ondersoek na onbillike handelspraktyke deur Brasilië....more49minPlay
July 15, 2025Monitor 15 Julie 2025Gemengde reaksie op die kommissie van ondersoek wat bewerings van korrupsie in die polisiediens sal ondersoek, en ander optrede wat deur die president aangekondig is. Vissers langs die Weskus is ongelukkig oor visvangregte. President Donald Trump stel 'n ultimatum aan Rusland....more50minPlay
July 14, 2025Monitor 14 Julie 2025Die president stel 'n kommissie van ondersoek aan om bewerings van korrupsie in die polisiediens te ondersoek. Die parlement se komitee oor gesondheid wil hê mediese skemas, wat glo diskrimineer teen swart gesondheidspraktisyns, moet vervolg word. SAUK Nuus vier sy 75ste bestaansjaar – ons fokus op die bekende nuusleser, Riaan Cruywagen....more48minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,381 episodes available.