Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,486 episodes available.
November 21, 2025Monitor 21 November 2025Die Noordwes-sakeman, Brown Mogotsi, se getuienis voor die Madlanga-kommissie word weer betwis. 'n Daling in die repokoers word verwelkom. Die Withuis onderspeel Amerika se teenwoordigheid by die G20-beraad....more46minPlay
November 20, 2025Monitor 20 November 2025Presies hóé klink die waarheid? Getuienisleiers by die Madlanga kommissie vra of Brown Mogotsi homself in 'n hoek verf. Omgewingsbewaringsgroepe skryf 'n ope brief aan president Cyril Ramaphosa oor die gebrek aan Suid-Afrika se verteenwoordiging by COP30, en Gautengse maatskappye wat pantservoertuie verhuur, kan nie byhou met die aanvraag te midde van die G20-beraad nie....more46minPlay
November 19, 2025Monitor 19 November 2025Die Demokratiese Alliansie in George in die Wes-Kaap het 'n nuwe veelparty-koalisie-ooreenkoms aangegaan, wat hul leierskap in de raad verseker. Misdaad op die N2 in die Wes-Kaap is weer onder die vergrootglas, en die Ekurhuleni metro begin 'n ondersoek teen korrupsie....more47minPlay
November 18, 2025Monitor 18 November 2025Die VSA weier blykbaar nou ook om die G20-verklaring te onderteken. Ons vra of dit die beraad se uitkoms sal verswak. Talle organisasies hou 'n beraad as teenvoeter vir die G20 onder die vaandel, We, the 99 percent... Kommer oor die vyf sluise wat gister by 'n propvol Vaaldam oopgemaak is....more51minPlay
November 17, 2025Monitor 17 November 2025Die ANC ontken dat daar 'n poging is om sy president, Cyril Ramaphosa, uit die kussings te lig. Amerika se tariefkwytskeldings op talle landbouprodukte word wyd verwelkom. Ons praat met 'n ekonoom oor Standard & Poor's se besluit om Suid-Afrika se kredietgradering oor staatskuld te verhoog. Huldeblyke stroom steeds in ná die dood van die oudambassadeur en akademikus, dr. Franklin Sonn....more49minPlay
November 14, 2025Monitor 14 November 2025Die Wes-Kaapse premier maak uiteindelik 'n verslag bekend oor die beweerde samewerking tussen die polisie en bendes. Hoe haalbaar is die voorstel dat ESKOM sukkelende munisipaliteite se kragverskaffing oorneem? Vandag, op Wêreld Diabetesdag, praat ons met 'n kenner oor die vroeë gevaartekens....more48minPlay
November 13, 2025Monitor 13 November 2025Die Tesourie verwag dat Suid-Afrika se ekonomie effens stadiger sal groei. Die president bring veranderinge aan sy kabinet aan. 'n Vervoerkenner sê die Aarto-stelsel moet herroep word. Die regering wil 'n moratorium plaas op die indiening van mosies van wantroue in munisipale rade, waar daar nie 'n volstrekte meerderheid is nie....more52minPlay
November 12, 2025Monitor 12 November 2025Die MK-party vra hulp om sy vasgekeerde lede in Oekraïne te bevry. 'n Nuwe entstof teen cholera word plaaslik ontwikkel. Ons bespreek vanmiddag se mediumtermyn-begrotingsraamwerk....more47minPlay
November 11, 2025Monitor 11 November 2025Omgewingsaktiviste kritiseer die besluit om die leeftyd van Eenheid 2 van die Koeberg-kernkragstasie te verleng. Die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders ondersoek die geestesgesondheid van onderwysers, te midde van klagtes van 'n swaar werkslading. 'n Herrie het losgebars oor die toekenning van tenders aan maatskapye vir die betekening van dagvaardings namens die Tshwane Metroraad....more50minPlay
November 10, 2025Monitor 10 November 2025Talle vrae oor bewerings dat die China 'n halfmiljard rand spandeer om een van die weermagbasise op te knap. Ons bespreek die woelinge in die DA oor kabinetskuiwe. Duduzile Zuma-Sambudla vandag in die hof op aanklagte van aanhitsing tot terrorisme en openbare geweld....more48minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,486 episodes available.