Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,574 episodes available.
February 25, 2026Monitor 25 Februarie 2026Leë rakke in supermarkte voorspel weens bek-en-klouseer. President Donald Trump sê Amerika is in 'n beter toestand as ooit tevore. Kapenaars sal die naweek herinner word aan die Slag van Soutrivier in op 1 Maart 1510....more49minPlay
February 24, 2026Monitor 24 Februarie 2026Die premier van Gauteng, Panyaza Lesufi, belowe om die waterkrisis spoedig op te los. Die prys van brandstof kan dalk volgende maand styg. Afriforum wil hê die privaatsektor moet toegelaat word om entstof teen bek-en-klouseer te verkry. Vredesonderhandelinge duur voort om die vierjaar lange oorlog tussen Rusland en Oekraïne te beëindig....more48minPlay
February 23, 2026Monitor 23 Februarie 2026Verskeie staatsdepartemente in Mpumalanga gaan weens bedrog met die bou van skole ondersoek word. Nog miljoene dosisse bek-en-klouseer-entstof word binnekort in die land verwag. Die aktivistegroep, Action Society, sê misdaadstatistiek weerspieël nie die ware toestand in die land nie....more50minPlay
February 20, 2026Monitor 20 Februarie 2026President Ramaphosa verwerp oproepe om Swart Bemagtiging te skrap. President Trump stel 'n ultimatum aan Iran. China posisioneer homself as 'n groen supermoondheid. Zimbabwe skok vir Sri Lanka by die T20 wêreldbeker-toernooi....more51minPlay
February 19, 2026Monitor 19 Februarie 2026Talle burgerregteorgansasies eis dat die waterkrisis in Gauteng tot 'n nasionale ramp verklaar word. Afriforum dagvaar die president oor die grondwetlikheid van die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering. Navorsing deur die Universiteit van Kaapstad wys dat die swart middelklas sedert 2012 betekenisvol gegroei het....more49minPlay
February 18, 2026Monitor 18 Februarie 2026'n Beskuldigende vinger word na twee voormalige presidente gewys weens die versuim om apartheidsmisdade te vervolg. Ons praat oor die sogenaamde agterdeur-privatisering van Eskom. Huldeblyke stroom in ná die dood van die Amerikaanse burgerregteleier, eerwaarde Jesse Jackson....more49minPlay
February 17, 2026Monitor 17 Februarie 2026Oos-Kaapse gemeenskappe voel afgeskeep nadat die president nie die ontplooiing van die weermag in bendegeteisterde gebiede in dié provinsie ingesluit het nie. Versoeke dat die regering die suikerreus, Tongaat Hulett, van ondergang red. Varkvleispryse styg weens bek-en-klouseer....more50minPlay
February 16, 2026Monitor 16 Februarie 2026Staatsdiensvakbonde verwerp die mediese fonds, Gems, se skerp styging in sy jaarlikse premie. Johannesburg se waterprobleme duur voort, ondanks beloftes om watertoevoer teen gister te herstel. Vrystaat Landbou sê finansiële bystand aan boere is nou dringend nodig, nadat die bek-en-klouseer-uitbreking tot 'n nasionale ramp verklaar is. Suid-Afrika vra opnuut vir 'n skietstaking in Suid-Soedan....more51minPlay
February 13, 2026Monitor 13 Februarie 2026Die Weermag gaan op die Kaapse Vlakte en in Gauteng ontplooi word om bendegeweld te help bekamp. Bek-en-klouseer is as nasionale ramp verklaar, en nou eis die Menseregtekommissie dat dieselfde oor watertekorte gebeur. Ons praat met die 20 jarige Kyla Reynecke van die vroue-Proteas oor haar ongelooflike prestasie teen Pakistan....more49minPlay
February 12, 2026Monitor 12 Februarie 2026Politieke partye deel hulle verwagtinge van die staatsrede. Die Johannesburg Metro sê tegnici werk onverpoosd om die waternetwerk te stabiliseer, te midde van betogings oor langdurige wateronderbrekings. Die getuienis van die forensiese ondersoeker, Paul O'Sullivan, voor die parlementêre ad hoc-komitee onder die vergrootglas....more50minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,574 episodes available.