Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,574 episodes available.
February 11, 2026Monitor 11 Februarie 2026Die familie van 17 Suid-Afrikaanse mans wat in Oekraïne vasgekeer is, pleit dat Ramaphosa tussenbeide tree en help. Amerikaanse veghonde is in die spervuur nadat nog 'n persoon verskeur word. Bek-en-klouseer het moontlik nou ook na die Suid-Kaap versprei....more50minPlay
February 10, 2026Monitor 10 Februarie 2026Die energiereguleerder, Nersa, keur skerp stygings in Eskom se kragtariewe toe. Die eerste vermoedelike geval van bek-en-klouseer is in die Noord-Kaap aangemeld. Ons vind uit of die president sy beloftes in sy vorige staatsrede oor die waterkrisis, gestand gedoen het....more50minPlay
February 09, 2026Monitor 9 Februarie 2026Die sekretaris van die parlement, Xolile George, onder skoot oor 'n 70% salarisverhoging, en bewerings van wanadministrasie. R100 miljoen geoormerk om bek-en-klouseer in die Wes-Kaap hok te slaan. Met die jongste digitale slenter kry skurke direkte toegang tot jou banktoepassing op jou slimfoon....more53minPlay
February 06, 2026Monitor 6 Februarie 2026Suid-Afrika word weer 'n fokuspunt vir internasionale solidariteit met die Palestyne. Die samestelling van brandstofpryse word bevraagteken, meer as 'n jaar nadat die regering spoedige optrede belowe het. Wetenskaplikes maak beswaar teen planne om haainette by KwaZulu-Natal se Club Med luukse ontspanningsoord aan te bring. Suid-Afrika se verhouding met dagga sal weer verander met nuwe regulasies wat gepubliseer is....more50minPlay
February 05, 2026Monitor 5 Februarie 2026'n Ramptoestand is afgekondig weens die droogte en watertekorte in die Kaap-provinsies. Honderde studente word steeds ondersoek vir beweerde NSFAS-bedrog. Ons fokus op die DA-leier, John Steenhuisen, se nalatenskap nadat hy onbeskikbaar is vir nog 'n termyn....more49minPlay
February 04, 2026Monitor 4 Februarie 2026DA-leier John Steenhuisen kondig na verwagting vandag aan dat hy nie aan die party se leierskapstryd sal deelneem nie. Die minister van Korrektiewe Dienste, dr. Pieter Groenewald, sê hy gaan 'n kommissie saamstel om die baie ongerymdhede by tronke in die Wes-Kaap te ondersoek. Die Bitou-munisipaliteit in Plettenbergbaai sal die oënskylike afvuur van 'n vuurwapen in die openbaar deur die adjunkburgemeester, Nokuzola Kolwapi, ondersoek....more50minPlay
February 03, 2026Monitor 3 Februarie 2026Kripto-geldeenhede hou aan tuimel. Die brandstofprys daal om middernag. Die stand van die finansies van Gauteng se munisipaliteite onder die vergrootglas. 'n Boete kan nou opgelê word aan 'n werkgewer wat nie sy huiswerker se besering, wat aan diens opgedoen is, aanmeld nie....more51minPlay
February 02, 2026Monitor 2 Februarie 2026Die leier van die EFF, Julius Malema, hoop om tronkstraf in sy vuurwapensaak te vermy. Die nuwe hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag, Andy Mothibi, het gister die leisels oorgeneem. Suid-Afrika se vleilande is van die mees bedreigde ekostelsels in die land. 'n Bruin Suid-Afrikaner praat oor sy vlugtelingstatus in Amerika....more50minPlay
January 30, 2026Monitor 30 Januarie 2026Die repokoers bly onveranderd - 'n ekonoom verduidelik hoekom ons nie verdere verligting kry as verbruikers nie. Al hoe meer onderwysers verlaat die beroep weens leerlinge se oneerbiedige en ongeskikte gedrag. Die aflas van Jeffreysbaai se beroemde branderplankkompetisie is 'n groot ekonomiese terugslag vir die streek....more48minPlay
January 29, 2026Monitor 29 Januarie 2026Eskom versoek die energiereguleerder om 'n tussentydse kragtarief vir smeltermaatskappye goed te keur. Die stand van die ekonomie is onder die vegrootglas by die Kabinetslekgotla. Ons vra ‘n ekonoom of ons nog ‘n verlaging in die repokoers kan verwag. Die regering wil hê sy verbod op die plaagdoder, Terbufos, moet teen einde Februarie in werking tree....more46minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,574 episodes available.