Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,574 episodes available.
January 28, 2026Monitor 28 Januarie 2026Die March and March-beweging het 'n teenklag teen die polisie ingedien, nadat die staat 'n klag van openbare geweld teen dié beweging, die MK-party en Operasie Dudula aanhangig gemaak het. Die idee om KwaZulu-Natal se naam te verander, kry steun uit verskeie oorde, Onderhandelinge om die Nasionale Vryheidsparty binne die DA-IVP-ANC-koalisie in KZN te hou, is in 'n sensitiewe stadium....more48minPlay
January 27, 2026Monitor 27 Januarie 2026Goeie nuus wink vir motoriste by die brandstofpomp. Die voortslepende kragonderbreking in Gqeberha ontwrig onderrig by skole. Finansiële instellings word gemaan dat daar teen hulle opgetree sal word indien hulle nie aan nuwe kubersekuriteitvereistes voldoen nie. Die F.W. de Klerk Stigting steun 'n versoek om die misdaadkrisis op die Kaapse Vlakte tot 'n provinsiale ramp te verklaar....more49minPlay
January 26, 2026Monitor 26 Januarie 2026Vrae oor die weermag se beplande makietie van R370 miljoen. Terwyl universiteite net 'n fraksie van matrieks kan aanvaar, vra die motorbedryf dat matrikulante dié bedryf, waar personeeltekorte heers, oorweeg. Die DBV op Kariega sal dalk sy deure moet sluit....more47minPlay
January 23, 2026Monitor 23 Januarie 2026'n Voorstel dat die leefstyl van staatsaanklaers ge-oudit word. Die staat glo hy het 'n sterk saak teen die taxibestuurder in die noodlottige skoolvervoerbotsing naby Vanderbiljpark. Voornemende studente word aangeraai om te verifieer dat kolleges geakkrediteer is voor hulle aansoek doen. Ons ontleed die uitslag van die onlangse tussenverkiesings....more50minPlay
January 22, 2026Monitor 22 Januarie 2026President Trump se aanslag is sagter teenoor Europa by Davos. Vrystaat Landbou sê die staatsmonopolie oor die bek-en-klouseer-krisis moet opgeskort word. Die Wes-Kaapse regering maak desperate planne om Dag Zero oor 'n week in Knysna af te weer....more49minPlay
January 21, 2026Monitor 21 Januarie 2026Gautengse munisipaliteite word gemaan om hulle waterverbruik met 40% te verminder. Kabinets- en parlementslede kry 'n salarisverhoging hoër as inflasie. 'n Megaboer in die Vrystaat, Nick Serfontein, gee sy insig oor die bek-en-klouseer-krisis....more49minPlay
January 20, 2026Monitor 20 Januarie 2026Die dodetal in gister se gru-ongeluk by Vanderbijlpark styg tot 14. Die spanning tussen die VSA en Europa neem toe oor Groenland. SASSA waarsku dat toelaes vir asielsoekers en vlugtelinge fopnuus is....more50minPlay
January 19, 2026Monitor 19 Januarie 2026Die oorstromings in vyf provinsies word tot 'n nasionale ramp verklaar. Die minister van verdediging las 'n ondersoek na Iran se deelname aan 'n BRICS-vlootoefening. Die Afrika Unie verwelkom die herverkiesing van Yoweri Museveni as die president van Uganda....more51minPlay
January 16, 2026Monitor 16 Janaurie 2026Dele in die noordooste van die land het vandeesweek reeds meer as 500 millimeter reën ontvang, met 'n Rooi Vlak 10-waarskuwing dat nóg swaar reën gaan val. Meer as 1 400 padsterftes oor die feestyd laat die vraag ontstaan: Hoe takel ons wetteloosheid op die paaie? SMS- en WhatsApp-bedrog is steeds die foefie van voorkeur – ‘n kenner vertel waarvoor jy op die uitkyk moet wees....more47minPlay
January 15, 2026Monitor 15 Januarie 2026Reaksie op die minister van landbou se plan om bek-en-klouseer teen 2036 uit te roei. Sal die Kwazulu-Natalse polisiehoof, Nhlanhla Mkhwanazi se kontrak hernu word? Ons praat met ‘n polisiekenner. Duisende matrieks het met universiteitsvrystelling geslaag, maar plek in universiteite is beperk....more49minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,574 episodes available.