Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,382 episodes available.
May 05, 2025Monitor 5 Mei 2025Kommer oor 'n ISIS-aanval in Mosambiek. Ons praat met 'n militêre ontleder. Stygende watervlakke hou gevaar in vir oeste in die Laer-Oranjerivier-streek in die Noord-Kaap. 'n ANC-faksie wil die miljardêr en sokkeradministrateur, Patrice Motsepe, se arm draai om as ANC-presidentskandidaat te staan....more51minPlay
May 02, 2025Monitor 2 Mei 2025Die regering oorweeg 'n kernkragreaktor - ons praat met 'n energiekenner oor die voor- en nadele. Die wêreld se skaars minerale is onder die vergrootglas ná die geskiedkundige ooreenkoms tussen die VSA en Oekraïne. 90 000 ondersteuners word by die kragmeting tussen Kaizer Chiefs en Orlando Pirates verwag....more49minPlay
May 01, 2025Monitor 1 Mei 2025President Cyril Ramaphosa gaan 'n kommissie aanstel om vas te stel hoekom die Nasionale Vervolgingsgesag nie apartheidsmisdade ondersoek het nie. Advokaat Dali Mpofu se tugverhoor word uitgestel - ons praat met 'n kenner oor die aanklagte teen hom. Die wysigingswetsontwerp op Billike Indiensneming ontlok nóg ‘n hofgeding....more48minPlay
April 30, 2025Monitor 30 April 2025Die liggame van die drie vermiste polisiekonstabels is gevind, maar die raaisel oor hulle voertuig duur voort. Minder padsterftes is oor die Paastyd aangemeld. Action SA dien 'n PAIA-aansoek in om die OPOD-verslag oor Phala Phala te bekom. Suid-Afrika stel sy saak aan die Internasionale Geregshof oor die humanitêre krisis in Gasa....more49minPlay
April 29, 2025Monitor 29 April 2025Meer as 'n miljoen mense het die Suid-Afrikaanse grens die afgelope naweek oorgesteek. Die prys van beesvleis styg. Die militêre leier van Burkina Faso, Ibrahim Traoré, is besig om wêreldwyd aandag te trek....more49minPlay
April 28, 2025Monitor 28 April 2025Die Hooggeregshof in Kaapstad skort die BTW-verhoging op. Die EFF glo Suid-Afrikaners het geen rede om Vryheidsdag te vier nie. Toenemende misdaad ontmoedig belegging in Gqeberha in die Oos-Kaap. ‘n Vredesooreenkoms wink tussen die DRK en Rwanda....more50minPlay
April 25, 2025Monitor 25 April 2025'n Toutrekkery oor wie erkenning moet kry vir die afskaffing van die BTW-verhoging - ons praat met politieke partye en 'n ekonoom. President Cyril Ramaphosa bevestig 'n telefoniese gesprek met president Donald Trump....more47minPlay
April 24, 2025Monitor 24 April 2025Die Nasionale Tesourie hou BTW op 15 persent. Die president van Oekraïne, Wolodomir Zelensky, sal na verwagting vandag in Suid-Afrika samesprekings hou met president Cyril Rmaphosa. Duisende roubeklaers bring hulde aan die ontslape pous Franciskus, wat in die Vatikaan in staatsie lê....more47minPlay
April 23, 2025Monitor 23 April 2025Uitspraak is voorbehou in die DA en EFF se aansoek om die aanvaarding van die fiskale raamwerk as ongeldig en onwettig te verklaar. Die Noord-Kaapse ANC behou sy leierskap. Egipte en Katar sit 'n nuwe ooreenkoms op die tafel om die oorlog in die Gasastrook te beëindig. Die F.W. De Klerk Stigting stel alternatiewe voor vir raskwotas in die werkplek....more49minPlay
April 22, 2025Monitor 22 April 2025Senior DA-leiers sal vandag se hofaksie teen die voorgenome styging in BTW bywoon. Huldeblyke vir die ontslape Pous stroom van oraloor in. Die tema van Aardedag is Ons Planeet, Ons Krag, en fokus op klimaataksie en hernubare energie....more43minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,382 episodes available.