Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,486 episodes available.
August 29, 2025Monitor 29 Augustus 2025Nersa se fout met die berekening van Eskom se inkomste oor die volgende twee jaar, moet in die hof betwis word, sê 'n energieontleder. 'n Boek oor die vermiste Joshlin Smith ontlok sterk reaksie. Ons praat oor 'n eienaardige komeet wat deur ons sonnestelsel beweeg....more49minPlay
August 28, 2025Monitor 28 Augustus 2025Die Wes-Kaapse regering nader die hof om die geweld tussen strydende taxiverenigings in Kaapstad, te stop. Fedsas sê al hoe meer ouers sukkel om skoolgeld te betaal. Inwoners van Coronationville en Westbury in Johannesburg eis ingryping van die regering in die voortslepende waterkrisis. SASSA gaan verpligte biometriese toetse instel vir alle nuwe aansoekers van toelae....more47minPlay
August 27, 2025Monitor 27 Augustus 2025Nog geen nuwe begindatum is vasgestel vir die Madlanga-kommissie nie. Intussen is die direkteur verantwoordelik hiervoor die trekpas gegee. Die ineenstorting van die Polisiediens belemmer die stryd teen bendegeweld. Die Amerikaanse president, Donald Trump, wil soldate in Chicago ontplooi....more46minPlay
August 26, 2025Monitor 26 Augustus 2025Die polisie ondersoek die skietdood van 'n vermeende bendeleier buite die Mitchell’s Plain-landdroshof op die Kaapse Vlakte. Inwoners van Parys in die Vrystaat is warm onder die kraag oor onbetroubare watervoorsiening. Kommer oor toenemende voorvalle van geweld op skoolgronde. 'n Studie wys daar is steeds 'n tekort aan vroue in die direksies van maatskappye....more46minPlay
August 25, 2025Monitor 25 Augustus 2025Die ANC se steun daal tot onder 30%. Fluitjieblasers word aangemoedig om na vore te kom. Die brandseisoen bereik 'n hoogtepunt in verskeie provinsies....more48minPlay
August 22, 2025Monitor 22 Augustus 2025Daar is te min plek in sommige Wes-Kaapse skole vir voornemende Graad 8-leerlinge. Die Minister van Toerisme is onder skoot oor haar besluit om SA Toerisme se direksie te ontbind. ’n Versoek aan Suid-Afrikaners om aan 'n vyfdag nasionale tydperk van rou en medelye deel te neem. Ons fokus op die Springbokke se plan vir hulle tweede toets teen die Wallabies....more47minPlay
August 21, 2025Monitor 21 Augustus 2025Die twis tussen die Minister van Toerisme, Patricia de Lille, en die raad van SA Toerisme het 'n lang aanloop. Besware teen veranderinge aan die beperkings op skenkings aan politieke partye. Ons praat met die voorsitter van die parlementêre polisiekomitee, Ian Cameron, nadat hy en twee ander DA-lede in Phillippi-Oos in Kaapstad aangeval is....more48minPlay
August 20, 2025Monitor 20 Augustus 2025'n Voormalige direkteur van die Nasionale Loteryeraad moet R21 miljoen terugbetaal. Die Nasionale Dialoog probeer om die sewe stigtings wat vroeër onttrek het, weer aan boord te kry. Die Kremlin steur hom skynbaar nie aan moontlike samesprekings om die oorlog in Oekraïne te beëindig nie....more51minPlay
August 19, 2025Monitor 19 Augustus 2025Die parlement se ad hoc-komitee oor bewerings van korrupsie binne die strafregstelsel sal nog twee dae moet vergader om hulle verwysingsraamwerk af te handel. Rise Mzanzi eis dat die hoof van die Weermag bedank. Vroue praat oor hulle werk by die Nasionale Seereddingsinstituut....more49minPlay
August 18, 2025Monitor 18 Augustus 2025Uiteenlopende menings oor die naweek se Nasionale Konvensie. Ons praat met Oudspringbok Wynand Claasen oor die Bokke se nagmerrievertoning. 'n Plaaslike aksie-fliek met 'n vroueheld in Vrouemaand vrygestel....more49minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,486 episodes available.