Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,382 episodes available.
April 07, 2025Monitor 7 April 2025'n Vloedwaarskuwing vir inwoners langs die Vaalrivier. Beskuldigings van wydlopende wanbestuur en korrupsie met suurstofaanleg-tenders. Rwanda vaar goed, 31 jaar ná die volksmoord in daardie land. Aandelemarkte in Asië daal skerp. Die leier van die DA, John Steenhuisen, sê die party is steeds tot die Regering van Nasionale Eenheid verbind....more50minPlay
April 04, 2025Monitor 4 April 2025Die DA en ANC heroorweeg hulle deelname aan die Regering van Nasionale Eenheid. Die vryspreking van die evangelis Timothy Omotoso ontlok wye kritiek. 'n Twis ontwikkel in die Boland, wat klubrugby se grense kan herskryf. Finansiële markte daal skerp in reaksie op president Donald Trump se nuwe heffings op ingevoerde goedere....more49minPlay
April 03, 2025Monitor 3 April 2025Reaksie op die aanvaarding van ons begroting. Suid-Afrika word swaar getref deur die jongste tariewe wat die VSA ingestel het. Die Suid-Afrikaanse Mediese Vereniging bring 'n hofaansoek teen die Nasionale Gesondheidsversekering. Ons fokus op die pad vorentoe om puttoilette by openbare skole te vervang....more49minPlay
April 02, 2025Monitor 2 April 2025Action SA en die IVP steun die ANC oor die nasionale begroting, maar regstappe dreig. Ons praat met lede van 'n hoëprofiel groep Suid-Afrikaanse sakelui en arbeidsleiers wat besoek in Amerika afgelê het. Wat is mense met outisme se uitdagings?...more50minPlay
April 01, 2025Monitor 1 April 2025NSFAS se wanbetaling aan private verblyfverskaffers is weer in die kollig. ‘n Waterbestuurspesialis sê die sogenaamde watermafia knou ook die landbousektor. Twee nuwe staatsveiligheidsentiteite word in die lewe geroep. Die Afrika-kommandowurmplaag versprei na nog provinsies....more51minPlay
March 31, 2025Monitor 31 Maart 2025Het laatmiddag samesprekings ons nasionale begroting gered? Ons praat met een van die twee groot parte in die RNE. Puttoilette onder die kollig in KwaZulu-Natal. Sprake dat die VSA militêre ondersteuning en samewerking met die Suid-Afrikaanse weermag opskort....more50minPlay
March 28, 2025Monitor 28 Maart 2025Die DA juig oor die oorstap van ‘n opposisieleier na die party, maar die ANC sê hy het dalk hulle kandidatelys gemanipuleer. Hoe raak Donald Trump se nuwe heffing van 25% op motors Suid-Afrika se uitvoere na Amerika? Parlementêre komitees is bekommerd oor toestande by staatsinstellings....more47minPlay
March 27, 2025Monitor 27 Maart 2025Die moontlike likwidasie van Ithala Bank is onder die vergrootglas in die parlement. Die regterpresident van Gauteng stel verpligte bemiddeling voor om ‘n groot agterstand met siviele sake in te haal. Die Johanneburgse burgemeester ontken daar is 'n tekort aan water. Meer paartjies skei, terwyl minder mense trou....more47minPlay
March 26, 2025Monitor 26 Maart 2025Wie is die aangewese Amerikaanse ambassadeur na Suid-Afrika? Die Departement van Water en Sanitasie sê die land beleef 'n waterkrisis. Hewige teenkanting in die parlement teen die BTW-verhoging....more48minPlay
March 25, 2025Monitor 25 Maart 2025Die politieke party, Build One South Africa, wil hê waterrantsoenering moet ongrondwetlik verklaar word. Onderhandelinge gaan voort om 'n ooreenkoms vir 'n moontlike skietstilstand in Oekraïne te bereik. Shamila Batohi se termyn as hoof van die NVG is in die kollig. Die musieklegende, Jonathan Butler, ontvang 'n eredoktorsgraad van die Universiteit Stellenbosch....more47minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,382 episodes available.