Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,486 episodes available.
August 01, 2025Monitor 1 Augustus 2025Amerika se nuwe handelstarief tree amptelik in werking - ons praat met die wynbedryf wat sê hulle gaan swaar getref word. Die Reserwebank voorspel dat die gemiddelde inflasiekoers teen 2027 op 3% sal staan. Die parlement se etiekkomitee beboet adjunkpresident Paul Mashatile vir sy versuim om 'n diamant van Louis Liebenberg te verklaar....more50minPlay
July 31, 2025Monitor 31 Julie 2025Werknemers van die studentehulpskema, NSFAS, praat oor hulle griewe voor die deure van die parlement. Die Konstitusionele Hof hoor dat dit onwettig van president Cyril Ramaphosa was om polisieminister Senzo Mchunu op verlof te plaas. Die spertyd vir die implementering van tariewe deur Amerika kom al hoe nader. Die groot tsoenami-waarskuwing in die Stille Oseaan word op baie plekke gekanselleer. Navorsers is bekommerd oor die talle gryskopalbatrosse wat op Marion-eiland neerstort....more48minPlay
July 30, 2025Monitor 30 Julie 2025Minister Dean Macpherson vra die Valke om in te gryp by ongerymdhede van R800-miljoen by die Onafhanklike Ontwikkelingstrust. Adjunkpresident Paul Mashatile is in die kollig nadat hy eiendom van byna R66-miljoen verklaar. Bied Suid-Afrika genoeg aan die VSA om op 1 Augustus 'n 30%-handelstarief af te weer?...more48minPlay
July 29, 2025Monitor 29 Julie 2025Die Madlanga-kommissie van ondersoek na kriminaliteit, politieke inmenging en korrupsie in die strafregstelsel se eerste mediakonferensie word verwelkom. Verskeie munisipaliteite in die Vrystaat word deur onreëlmatighede gekenmerk. 'n Konferensie begin in New York oor ’n tweestaat-oplossing vir die Palestyne en Israel....more49minPlay
July 28, 2025Monitor 28 Julie 2025Vrystaat Landbou reageer op gerugte dat Lesotho-burgers grond naby die grens wil gryp. Noodvoorraad word ná maande uiteindelik na Gasa deurgelaat. Boland skok die Cheetahs....more49minPlay
July 25, 2025Monitor 25 Julie 2025Afslaers sê daar kleef 'n stigma aan die Gupta-huise in Johannesburg, want net een van drie eiendomme is gister verkoop. Hoe groot is die druk van binne die ANC om van die DA as 'n RNE-vennoot ontslae te raak? 'n Kenner sê moontlike sanksies teen ANC-politici sal nie noodwendig alle Suid-Afrikaners benadeel nie. Nadat die enkele Knysna-olifant in die Tuinroetestreek van die Wes-Kaap onlangs waargeneem is, vra SANParke die publiek om nié die ligging van die dier bekend te maak nie....more48minPlay
July 24, 2025Monitor 24 Julie 2025Die Toedelingswetsontwerp word in die Nasionale Vergadering goedgekeur. Die Wes-Kaapse landbousektor wag in spanning op die 30%-tarief wat op 1 Augustus deur die VSA ingestel word. Ons praat hieroor met die bestuurshoof van Agri Wes-Kaap. Die VSA is 'n tree nader om sanksies teen die ANC-leierskap in te stel....more49minPlay
July 23, 2025Monitor 23 Julie 2025Die MK-party dien 'n mosie van wantroue in teen president Cyril Ramaphosa. Die Nasionale Vergadering moet besluit oor die stigting van ’n ad hoc-komitee om Nhlanhla Mkhwanazi se bewerings te ondersoek. Inwoners van Welverdiend in Gauteng is al amper vier weke sonder krag. 'n Peiling wys Suid-Afrikaners stres minder oor hulle finansies as twee jaar gelede....more49minPlay
July 22, 2025Monitor 22 Julie 2025Reaksie op die Minister van Hoër Onderwys en Opleiding se afdanking. Wie is die nuwe minister, Buti Manamela? Die seëvierende Junior Bokke trots terugverwelkom. Vandag, op Wêreld Breindag, is die vinnige toename in demensie-gevalle onder die soeklig. Ons praat met 'n neuroloog....more51minPlay
July 21, 2025Monitor 21 Julie 2025Flysafair-vlieëniers verbonde aan die vakbond, Solidariteit, begin vandag met 'n tweeweeklange staking. Die regering onderneem om die nodige hervormings in te stel om soortgelyke tragedies soos die George-gebouramp, te voorkom. Leefstyloudits op senior staatsamptenare is in die kollig. Japan se regerende party verloor sy meerderheid in die Huis van Verteenwoordigers....more49minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,486 episodes available.