Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,486 episodes available.
August 15, 2025Monitor 15 Augustus 2025Die soektog na 'n vermiste vlieënier in Durban word vanoggend voortgesit. Talle nie-regeringorganisasies sal die Nasionale Dialoog in Pretoria bywoon. Die ad hoc-komitee van die Parlement, wat bewerings van politieke inmenging en korrupsie in die polisie sal ondersoek, oorweeg 'n robuuste verwysingsraamwerk....more49minPlay
August 14, 2025Monitor 14 Augustus 2025'n Staatsgetuie in die Joshlin Smith-saak word van vervolging gevrywaar. Die lang wag in 'n tou vir jou ID-dokument of paspoort is binnekort iets van die verlede. Onderwyskundiges is bekommerd oor die druk op leerlinge om eerder Wiskunde Geletterdheid as suiwer Wiskunde te neem....more49minPlay
August 13, 2025Monitor 13 Augustus 2025Suid-Afrika gaan die diversifisering van uitvoermarkte bespoedig. 8,4 Miljoen Suid-Afrikaners is nou werkloos. Uitspraak word verwag in die Joshlin Smith-staatsgetuie, Lourentia Lombaard, se aansoek om haar van vervolging te vrywaar. OUTA moedig besighede en huishoudings aan om vir tyd en wyl nie hulle sonkragstelsels by Eskom te registreer nie....more48minPlay
August 12, 2025Monitor 12 Augustus 2025Vrese oor die storting van kernafval in die Noord-Kaap. Die soldate wat in die DRK ontplooi was, wag steeds op vergoeding. Ons praat met Operasie Dudula se voorsitter oor dié beweging se optrede teen buitelanders....more50minPlay
August 11, 2025Monitor 11 Augustrus 2025Die Presidensie sê die eerste byeenkoms van die Nasionale Dialoog sal Vrydag plaasvind, ondanks sewe stigtings se ontrekking aan die voorbereidingstaakspan. Omgewingsaktiviste is gekant teen 'n tweede kernkragaanleg in die Wes-Kaap. Sakeliga eis nasionale ingryping by die Ditsobotla-munisipaliteit in Noordwes....more50minPlay
August 08, 2025Monitor 8 Augustus 2025Nóg 'n kind wreed aangerand. Ons bespreek die omstrede podsending wat aanstootlike opmerkings teenoor Bruinmense gemaak het. Ons praat met 'n onderwyskenner oor die nuwe BELA-regulasies wat pas in die staatskoerant gepubliseer is vir openbare kommentaar....more50minPlay
August 07, 2025Monitor 7 Augustus 2025Die geskorste bestuurshoof van die Onafhanklike Ontwikkelingstrust is nog dieper in die sop nadat sy glo 'n joernalis probeer omkoop. Die ANC gaan sy RNE-vennote raadpleeg oor die beplande uitbreiding van dié koalisie. Die polisiehoofde van Lesotho en Suid-Afrika onderneem om verdere ondersoek in te stel na beweerde onwettige militêre kampe op Vrystaatse plase....more49minPlay
August 06, 2025Monitor 6 Augustus 2025Opposisiepartye betreur die verkiesing van 'n ANC-parlementslid as voorsitter van die Mkhwanazi ad hoc-komitee. 'n Verbod op wapens kelder Amerikaanse deelname aan 'n militêre oefening in Suid-Afrika. Die departement van Binnelandse Sake reik 'n identiteitsdokument aan 'n staatslose persoon uit ná groot druk van 'n oudregter....more50minPlay
August 05, 2025Monitor 5 Augustus 2025Die regering voorspel dat 30 000 werksgeleetnhede in gedrang is weens Amerika se nuwe invoertariewe. Die ANC sê hy is bekommerd oor die SAKP se besluit om onafhanklik aan die munisipale verkiesing deel te neem. Die Newclare-gemeenskap eis dat borgtog geweier word aan die beskuldigdes wat 'n kleuter aangemoedig het om 'n dwelmmiddel te rook. En die tweede fase van die Aarto-wetgewing tree op 1 Desember in werking....more48minPlay
August 04, 2025Monitor 4 Augustus 2025Die ANC is bekommerd oor die SAKP se besluit om onder sy eie vaandel aan volgende jaar se munisipale verkiesings deel te neem. Die polisie in Gauteng slaan toe op misdaadsindikate in twee provinsies. Die stadsaal in Kaapstad se kloktoring is na 15 jaar weer herstel....more48minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,486 episodes available.