Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,573 episodes available.
April 07, 2026Monitor 7 April 2026Meer motoriste is die Paasnaweek vir dronkbestuur in hegtenis geneem, as in dieselfde tydperk verlede jaar. Die Noord-Kaapse regering oorweeg dit om die Sol Plaatje-munisipaliteit onder administrasie te plaas. Die onderwysersvakbond, NAPTOSA, is bekommerd oor toenemende gevalle van afpersing by skole. Hoe belangrik is die Artemis 2-maansending se prestasie vir ruimtevaart?...more51minPlay
April 06, 2026Monitor 6 April 2026Die bus vol ongedokumenteerde buitelanders, waaronder 12 kinders, wat in die Vrystaat voorgekeer is, laat owerhede kopkrap. Polisiebeamptes moet korrupte kollegas ontmasker, sê ’n kenner. Eiendomspryse in Kaapstad word te duur vir gewone mense. Donald Trump waarsku: Môre is D-dag vir die oorlog in Iran....more52minPlay
April 03, 2026Monitor 3 April 2026Die kabinet sê hy is “gewalg” deur die onlangse kroning van 'n Nigeriese koning in KuGompo in die Oos-Kaap. Ons praat oor vragvervoerkoste wat na verwagting skerp sal styg. 500 Mense is reeds aan die begin van die Paasnaweek vir dronkbestuur in hegtenis geneem....more50minPlay
April 02, 2026Monitor 2 April 2026'n Belangrike strafsaak teen die taximafia kan 'n draaipunt in die stryd teen hierdie soort georganiseerde misdaad wees. Die premier van Gauteng maak veranderinge aan sy provinsiale kabinet, wat lei tot ‘n heel eerste kabinetspos vir die EFF. Die JSE skort handel op in effekte van Johannesburg....more51minPlay
April 01, 2026Monitor 1 April 2026Verbruikers word gedeeltelik teen hoë brandstofprysstygings verskans, maar nie almal glo dit is 'n goeie ding nie. Nuwe regulasies oor tienerswangerskappe word gepubliseer. Ons praat oor die tragiese geval van 'n skoolmeisie wat deur 'n dwaalkoeël gedood is, en die gesloer om geregtigheid vir haar familie te kry....more51minPlay
March 31, 2026Monitor 31 Maart 2026Suid-Afrikaners hoop die regering gryp in teen skerp brandstofprysverhogings. Gemoedere loop hoog onder Suid-Afrikaners by 'n optog teen die kroning van die Nigeriese koning in KuGompo-stad, of Oos-Londen. Ons praat met 'n ontleder oor die WVK-hofuitspraak teen twee oud-presidente....more52minPlay
March 30, 2026Monitor 30 Maart 2026ActionSA wil sy voetspoor in die Wes-Kaap vergroot onder die leiding van Dereleen James. Twee ANC-kieskonferensies verkies nuwe leierskap te midde van hofstryde. Nog 'n termyn vir die KZN-polisiehoof, luitenant-generaal Nhlanhla Mkhwanazi....more50minPlay
March 27, 2026Monitor 27 Maart 2026Die ouditeur-generaal waarsku dat swak finansiële bestuur in staatsdepartemente en entiteite 'n groot risiko inhou vir die volhoubaarheid van die nasionale fiskus. Die repokoers is vir eers onveranderd gelaat. 'n Versoek dat die nasionale polisiekommisaris, Fannie Masemola, voorlopig geskors word....more49minPlay
March 26, 2026Monitor 26 Maart 2026Die nasionale polisiekommisaris, generaal Fannie Masemola, word gedagvaar om in die hof te verskyn. Die beskuldigde in die Getuie-D-moordsaak pleit onskuldig, en die saak word tot Mei uitgestel. Belanghebbendes maak voorstelle oor hoe om volgende week se verwagte brandstofstygings te versag....more49minPlay
March 25, 2026Monitor 25 Maart 2026Die DA slaan vure dood oor salarisaanvullings wat die party aan sekere leiers betaal. Afriforum en die ANC se sekretarisgeneraal is in ‘n reuse stryd gewikkel oor die sogenaamde Mbalula dossier en moontlike vervolging. Die oorlog in die Midde-Ooste kan die invoer van bek-en-klouseerentstof vertraag. Die Reserwebank se besluit oor rentekoerse sal deur hoë oliepryse beïnvloed word....more51minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,573 episodes available.