Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,383 episodes available.
December 17, 2024Monitor 17 Desember 2024'n Versoek dat die kabinet se besteding ingeperk word. Fedsas sê daar is 'n nypende tekort aan openbare skole in Gauteng en die Wes-Kaap. Die Grondwethof in Suid-Korea moet bepaal of president Yoon Suk Yeol uit dié amp onthef moet word....more50minPlay
December 16, 2024Monitor 16 Desember 2024Die EFF sluit sy verkiesingskongres af met 'n waarskuwing vir die regering van nasionale eenheid. 'n Verskeidenheid opsies oor wat met die BELA-wet moet gebeur, is aan president Cyril Ramaphosa vir oorweging oorhandig. Suid-Afrikaners vier vandag Versoeningsdag. 'n Span wetenskaplikes van die Universiteit van Johannesburg vertrek na Antarktika....more50minPlay
December 13, 2024Monitor 13 Desember 2024Die MK Party en die EFF neem die jaar in oënskou by hulle onderskeie saamtrekke die naweek. Dele van Johannesburg tot 86 uur sonder water. Pakistan se kriekettoer na Suid Afrika in 'n krisis gedompel....more49minPlay
December 12, 2024Monitor 12 Desember 2024Die SAKP herbesin sy vennootskap met die ANC en Cosatu by sy spesiale kongres. Kleinhandelverkope van klere, meubels en skoene neem toe. SA Rugby wil die 2030 Wêreldbekertoernooi in Suid-Afrika aanbied....more45minPlay
December 11, 2024Monitor 11 Desember 2024Ons fokus op fluitjieblasers teen die agtergrond van 'n teenkorrupsie-konferensie in Boksburg. Die hooggeregshof belet die bou van nog ’n steenkoolkragstasie. Erfenisgewasse (vrugte en groente wat voor kommersialisering verbou is) is glo meer volhoubaar....more47minPlay
December 10, 2024Monitor 10 Desember 2024Negentienduisend Gautengse leerlinge wie se skoolaansoeke foutief of onvolledig is, kan van môre af weer aansoek doen. Hoe suksesvol was die ministers in die RNE vanjaar? Ons praat met 'n politieke ontleder. Israel doen meer as 'n 100 lugaanvalle op militêre teikens in Sirië....more48minPlay
December 09, 2024Monitor 9 Desember 2024Die DA sê 'n faksie van die ANC wil onderwysminister Siviwe Gwarube uit die saal lig. Rusland gee Sirië se president, Bashar al-Assad, asiel nadat sy regering in duie stort. Die Suid-Afrikaanse sopraan, Pretty Yende, sing in die herboude Notre Dame-katedraal in Parys....more48minPlay
December 06, 2024Monitor 6 Desember 2024Politieke partye wil meer geld van skenkers hê, maar wil minder sê oor wie geld vir hulle gee. Die Ahmed Kathrada-stigting voel ongemaklik oor die polisie se ondersoek na die dood van twee lede van uMkhonto we Sizwe in 1989. 'n Geraamde toename van 140% in koolstofbelasting kan baie besighede se deure laat sluit. Die Franse president, Emmanuel Macron, sê 'n nuwe eerste minister sal binne dae aangewys word. 'n Onbekende siekte eis 79 lewens in die suide van die DRK....more44minPlay
December 05, 2024Monitor 5 Desember 2024Watter impak sal ’n SAL-vlieënierstaking op jou reisplanne en toerisme hê? Kommer oor die voortslepende hittegolf en gebrek aan reën se invloed op damme en die landboubedryf. Die Franse regering stort ineen nadat die eerste minister uit die kussings gelig is....more47minPlay
December 04, 2024Monitor 4 Desember 2024Suid-Afrika se ekonomie het in die derde kwartaal ingekrimp. Inwoners van Thabazimbi in Limpopo trek vandag hulle kruisies in 'n munisipale tussenverkiesing. Nigerië soek lidmaatskap van BRICS en die G20. Die druk neem toe op Suid-Korea se president, Yoon Suk Yeol, om te bedank nadat hy krygswet afgekondig, en daarna teruggetrek het....more41minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,383 episodes available.