Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,486 episodes available.
June 06, 2025Monitor 6 Junie 2025Die Minister van Landbou, John Steenhuisen, se omstrede stafhoof, Roman Cabanac, sê hy oorweeg sy opsies nadat hy afgedank is. 'n Ondersoek word geloods om die koste van spookwerkers vir die staat te bepaal. Hoe raak Amerika se nuwe reiswaarskuwing toerisme na Suid-Afrika?...more49minPlay
June 05, 2025Monitor 5 Junie 2025Hoeveel is daar om te vier vandag op Wêreld Omgewingsdag? Die Noordwes-onderwysdepartement is in die spervuur oor beweerde wanbesteding en bedrog. Die VN se jongste konsepresolusie vir 'n onmiddelike skietstilstand in Gasa word wéér deur die VSA geveto....more49minPlay
June 04, 2025Monitor 4 Junie 2025Suid-Afrika se ekonomie het skaars gegroei in die eerste kwartaal, maar die landbousektor skitter. Die Agentskap vir Maatskaplike Sekerheid skort die uitbetaling van toelaes aan duisende begunstigdes op. Ons vind uit hoe die onderwysassistent-program werk. Die kredietburo, TPN, sê bykans 3% van skoolpersoneel het 'n misdaadrekord....more51minPlay
June 03, 2025Monitor 3 Junie 2025Die MK Party gaan appelleer teen ‘n hofbeslissing dat John Hlophe nie in die Regterlike Dienskommisie mag dien nie. 'n Terreurkenner verduidelik hoe ISIS in Suid-Afrika bedrywig is. Europa en Brittanje maak gereed vir 'n moontlike aanval deur Rusland....more51minPlay
June 02, 2025Monitor 2 Junie 2025Die DA eis dringende optrede om oorgrensmisdaad in die Vrystaat te stuit. Ons neem die termyn van die afgetrede hoof van die Valke, Godfrey Lebeya, in oënskou. Entrepreneurskap onder die jeug is in die kollig tydens Jeugmaand....more49minPlay
May 30, 2025Monitor 30 Mei 2025Inwoners van Saldanha reageer op die swaar strawwe in die Joshlin Smith-ontvoeringsaak. Die Reserwebank verlaag su uitleenkoers. Israel se regering beplan 22 nuwe Joodse nedersettings in die besette Wesoewer....more49minPlay
May 29, 2025Monitor 29 Mei 2025Action Society wil hê die grondwet moet gewysig word om groter polisiemagte aan munisipaliteite te gee. Kan ons 'n verlaging in die Reserwebank se repokoers verwag? Die verbod op die invoer van hoender vanaf Brasilië sal nie 'n wesenlike impak op die verbruiker hê nie....more49minPlay
May 28, 2025Monitor 28 Mei 2025Bewerings word ondersoek dat die bus wat van 'n brug in KwaZulu-Natal afgery het, se remme onklaar geraak het. Sowat 40% van die bevolking is van welsynstoelaes afhanklik, volgens die jongste huishoudelike peiling van Statistieke SA. President Cyril Ramaphosa verdedig sy besoek aan Amerika in die parlement....more50minPlay
May 27, 2025Monitor 27 Mei 2025Belegging in infrastruktuur is onder die vergrootglas by 'n simposium in Kaapstad. Sommige veiligheidsontleders meen eise dat die hoof van die NVG, Shamila Batohi, moet bedank, is onregverdig. 'n Versoek vir 'n kommissie van ondersoek oor voortslepende bendegeweld....more50minPlay
May 26, 2025Monitor 26 Mei 2025Die Minister van Kommunikasie en Digitale Tegnologie, Solly Malatsi, se voorstel om Swart Ekonomiese Bemagtiging in die tegnologiesektor vir buitelandse beleggers te verslap, kry die wind van voor. Die African Transformation Movement gaan saam met die MK-party werk met die oog op aanstaande jaar se plaaslike verkiesings. Solidariteit skep 'n fonds van R7-miljoen om transformasiewetgewing in die hof te beveg....more51minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,486 episodes available.