Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,486 episodes available.
January 17, 2025Monitor 17 Januarie 2025Die vakbond, Naptosa, waarsku dat onderwysers dalk die beroep sal verlaat as druk nie verlig word nie. ‘n Massiewe styging in die vlak van die Vaaldam. Meer as 80 mense dood in Israelse aanvalle sedert die skietstilstandooreenkoms aangekondig is....more48minPlay
January 16, 2025Monitor 16 Januarie 2025Die laaste van die onwettige mynwerkers is na verwagting nou uit die Stilfontein-myn in Noordwes gehaal. Minstens 250 skole in Gauteng word as 'onveilig' beskryf. Action SA is in gesprekke met ander partye gewikkel om 'n teenwig vir die regering van nasionale eenheid te vorm. Suid-Afrika verwelkom die skietstilstand-ooreenkoms tussen Israel en Hamas in Gasa. Die wiele van Suid-Afrika se strafregstelsel kort olie, sê teen-misdaadaktiviste....more50minPlay
January 15, 2025Monitor 15 Januarie 2025120 onwettige mynwerkers en 30 lyke is by 'n mynskag in Stilfontein na die oppervlak gebring. 'n Kenner verduidelik hoe die 2024-matrieks se vooruitsigte op werk lyk. Suid-Korea se president in hegtenis geneem....more49minPlay
January 14, 2025Monitor 14 Januarie 2025Verlede jaar se matrieks kry vanoggend hulle langverwagte uitslae. Die klas van 2024 word gelukgewens met 'n geskiedkundige slaagsyfer van meer as 87%. Die reeks aardbewings in die Noord-Kaap gaan ondersoek word. Dertien mense verdrink in oorstromings in Limpopo....more50minPlay
January 13, 2025Monitor 13 Januarie 2025Kommer oor die groot aantal werklose dokters in die land. Die ANC-president sê die party sal moet hernu, of die risiko loop om te vergaan. Ons praat met 'n politieke ontleder oor die ANC se verjaarsdagverklaring. Dierebeskermingsorganisasies in Gauteng sê hulle ondervind 'n aansienlike toename in die aantal verdwaalde diere....more49minPlay
January 10, 2025Monitor 10 Januarie 2025Nóg heelwat reën die naweek in die noorde en ooste van die land verwag. 'n Landbou-ekonoom verduidelik die impak van die baie reën op die bedryf. Die jongste oor die vernietigende brande in Los Angeles....more47minPlay
January 09, 2025Monitor 9 Januarie 2025Die Departement van Basiese Onderwys verwelkom 'n hofbeslissing wat toestemming gee vir die publikasie van matriekuitslae in die media. Die parlement sal vanjaar in 'n koepeltent vergader terwyl herbouwerk aan die beskadigde gebou begin. Later vandeesmaand sal ses planete vir 'n skouspel in die hemelruim sorg....more49minPlay
January 08, 2025Monitor 8 Januarie 2025Groot dele van die Noord-Kaap gaan gebuk onder 'n knellende droogte. Die beleerde ANC is vandag 113 jaar oud - ons bespreek die party se uitdagings met 'n politieke wetenskaplike. Heelwat ouers sukkel om kop bo water te hou met skooluitgawes....more49minPlay
January 07, 2025Monitor 7 Januarie 2025Minstens 14 mense sterf in 'n ongeluk op Van Reenenspas in KwaZulu-Natal - sommige media berig dit is 18 mense. Die staalreus, ArcelorMittal, gaan na verwagting sowat 3 500 werknemers afdank. Die hooggeregshof besluit vandag of die matriekuitslae aanstaande week in die koerante gepubliseer mag word. 'n Minimumbelasting van 15% gaan op multinasionale maatskappye in Suid-Afrika gehef word....more50minPlay
January 06, 2025Monitor 6 Januarie 2025Ons berig oor die mini-tornado wat Welkom in die Vrystaat getref het. Verskeie weerwaarskuwings tot en met Vlak 8 geld oor die ooste van die land. Anthony Blinken besoek Suid-Korea....more46minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,486 episodes available.