Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.
January 07, 2016MonitorMoedertaalonderrig, dissipline en toegewyde onderwysers is die Afrikaanse Hoër Meisieskool se wenresep. Hulle het die afgelope 30 jaar 'n 100% matriekslaagsyfer gehandhaaf. Professor Kobus Maree van die opvoedkundige sielkundige departement by die Universiteit van Pretoria, sê die skool se wenresep kan deur ander skole gebruik word om die nasionale matriekslaagsyfer te verhoog....more4minPlay
January 07, 2016MonitorEkonome waarsku dat 'n matriek-sertifikaat nie 'n waarborg is om werk te kan kry nie. Die realiteit is dat universiteite en kolleges ook net 'n klein deel van die bykans 560-duisend matrieks kan toelaat wat wel geslaag het. Wat word van die res? En waar gaan hulle werk kry in 'n land wat reeds gebuk gaan onder werkloosheid? Ons praat met Mike Schussler van economists.co.za....more8minPlay
January 07, 2016MonitorTe midde van baie kritiek, het die uitvoerende hoof van die Suid-Afrikaanse Onderwysersunie, Chris Klopper, die Minster van Basiese Onderwys geloof vir haar openhartigheid oor die probleme in die onderwys. Sy het eergister swakker matriekuitslae aangekondig. En ons praat met Chris Klopper van die SAOU....more5minPlay
January 07, 2016MonitorDie afgelope matriekuitslae toon baie duidelik aan dat die drie armste provinsies - KwaZulu-Nata, Limpopo en die Oos-Kaap - dringend hulp nodig het in hulle onderskeie onderwyssektore. So sê die Dekaan van die Fakulteit Opvoedkunde by Universiteit Johannesburg, Professor Sarah Gravett....more10minPlay
January 04, 2016MonitorDie 51-jarige Gerda Badenhorst is een van n groepie buitelanders wat Sjinese kinders leer om Engels te praat. Gerda is na nege maande, vir n kort vakansie terug in Johannesburg waar Anita met haar gepraat het:...more5minPlay
December 31, 2015MonitorDie gehaltebeheerliggaam, Umalusi sê die matriekklas van 2015 het swakker as verlede jaar in Nasionale Senior Sertifikaat-eksamen gevaar. Umalusi sê 26 sake van beweerde groepkullery en afskrywery is ook tydens die eindeksamen in Gauteng, KwaZulu-Natal, Limpopo en Mpumalanga aangemeld. Jean Esterhuizen berig dat die uitslae volgende week bekend gemaak word....more3minPlay
December 31, 2015MonitorDie Wes-Kaapse polisie sê hulle maak vordering om bende geweld en aktiwiteite in die Kaapse-skiereiland te bekamp. 'n Aantal gebiede in die streek soos Ocean View, ervaar 'n toename in bendegeweld oor die afgelope paar weke en sewe mense is oorlede in die geweld. Berenice Moss het hierdie spesiale verslag saamgestel....more6minPlay
December 29, 2015MonitorDie EFF het oud-president FW de Klerk se teenstand skerp veroordeel dat 'n standbeeld van Cecil John Rhodes by die Oxford Universiteit in Engeland verwyder word. De Klerk sê die geskiedenis eer individue vir hulle invloed en nie hoe 'n mate hulle later voldoen aan politieke korrektheid nie. Maar die EFF het gesê hy verdien nie die Nobelprys na die uitlating nie....more5minPlay
December 29, 2015MonitorVir baie jonges gaan die Desember-vakansie gepaard met laatnag-partytjies, goeie tye met vriende en oormatige alkohol-gebruik. Die Suid-Afrikaanse nasionale raad teen alkohol- en dwelmverslawing, Sanca, waarsku al hoe meer jongmense kyk te diep in die bottle, dikwels met katastrofiese gevolge. Ivor Price het die spesiale verslag saamgestel....more12minPlay
December 29, 2015MonitorDie Afrikaanse skrywerswêreld rou na die dood van die skrywer Chris Barnard. Huldeblyke van regoor die wêreld getuig daarvan dat die veelsydige skrywer op vele vlakke gemis gaan word. Barnard is Maandag-oggend aan 'n hartaanval oorlede. Izak du Plessis het die huldeblyk aan hom saamgestel....more6minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.