Daar is skynbaar al hoe meer steun vir verregse party in sommige gebiede in Europa, soos gesien met die onlangse streeksverkiesings in Frankryk. Voorlopige uitslae wys dat die verregse party, Front National, alreeds in ses van die 13 streke voorloop. Dit is die eerste verkiesing na die Parys-aanvalle, waarin 130 mense gesterf het. 'n Dosent in politieke wetenskap op die Vaaldriehoekkampus van die Noordwes Universiteit, dr. Ina Gouws sê in moeilike tye, neig mense om meer konserwatief en nasionalisties te stem.