Die minister van Kommunikasie, Faith Muthambi, het Vrydag 'n wet ter tafel gelê wat die regering beheer oor die openbare uitsaaier, die SAUK, sal gee. Die Uitsaai-wysigingswetsontwerp sal die Parlement se rol in die aanstelling van die SAUK se nieuitvoerende raadslede verwyder. Die president sal dan verantwoordelik wees vir die aanstelling van die raadslede met behulp van die minister se raad. Dianke Nel berig dat die minister op haar beurt, raad van 'n nominasiekomitee sal ontvang wat sy self aanstel.