'n Bekende onderwysaktivis, dr. Louise van Rhyn, beskryf die Universiteit van Stellenbosch se voorstel om Engels die primêre onderrigtaal by die instelling te maak, as 'n stap in die regte rigting. Dit kom te midde van 'n koor van protes dat Maties eerder sy bestaande taalbeleid, met Afrikaans as hoof- akademiese en administratiewe taal, moet behou. Maar Van Rhyn, wat self 'n oud-Matie is, en deesdae die Partners for Possibility-inisiatief aanvoer, wil eerder haar kinders vir 'n Engelse wêreld voorberei.