Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.
November 05, 2015MonitorWit-wees. Afrikaans. Afrikaners. Dit is die oorhoofse tema van 'n reeks gesprekke vandag by die Mapungubwe-instituut vir strategiese nadenke (Mistra) in Johannesburg. Die regte van die wit werkersklas, ekonomiese transformasie en Afrikaners se intellektuele tradisies kom onder meer onder die loep. Ivor Price en Anita Visser praat hieroor met professore Christi van der Westhuizen en Hein Willemse van die Universiteit van Pretoria....more20minPlay
November 05, 2015MonitorWat is wit bevoorregting? Die onderwerp word vanoggend in Johannesburg deurgetrap deur kundiges. Die organiseerder, dr. Hester du Plessis van die Mapungubwe Instituut vir Strategiese Besinning (Mistra), sê die doel is om die groep deel te maak van die maatskaplike kohesie in die land....more4minPlay
November 05, 2015MonitorMary Burton is 'n Argentyn, wat met 'n Suid-Afrikaner getrou het, en in 1965 betrokke geraak het by die Black Sash nadat haar werk in sopkombuise in arm gebiede nie meer genoeg was nie. Sy móes betrokke raak. Sy was dan ook van 1986 af tot 1990 president van die Black Sash. Náa die 1994-verkiesing is sy verkies tot een van net 17 mense om op die Waarheid- en Versoeningskommissie te dien. Anita Visser praat met Burton oor die sogenaamde wit-wees-debat....more5minPlay
November 05, 2015MonitorMeer as R30-miljard word elke jaar verloor weens Suid-Afrikaners wat nie kan werk nie as gevolg van geestesiektes. Die woordvoerder van die PROGRAMME FOR IMPROVING MENTAL HEALTHCARE (PRIME), Maggie Marx, sê die regering bestee slegs R500-miljoen aan geestegesondheidsorg....more4minPlay
November 04, 2015November is bewustheidsmaand vir mense wat leef met gestremdhede. Die doel is om die kollig op kwessies te plaas wat mense met gestremdhede raak. Suid..November is bewustheidsmaand vir mense wat leef met gestremdhede. Die doel is om die kollig op kwessies te plaas wat mense met gestremdhede raak. Suid-Afrikaanse wetgewing sê almal het die reg tot kwaliteitonderwys. Hoekom dan, sit soveel kinders wat lewe met gestremdhede, steeds by die huis? Joan-Marie Verhoef doen verslag....more5minPlay
November 04, 2015Australiese navorsers het vroeër vanjaar ultraklanktegnologie suksesvol op muise gebruik om plaak te verwyder, wat in hulle brein saampak en hull..Australiese navorsers het vroeër vanjaar ultraklanktegnologie suksesvol op muise gebruik om plaak te verwyder, wat in hulle brein saampak en hulle geheue aantas. Hulle kon daarna weer onthou. Die hoof van Psigiatrie aan die Universiteit van Stellenbosch, dr. Felix Potocnik, sê dis nog te vroeg om te sê of dit Alzheimerpasiënte sal kan help....more3minPlay
November 03, 2015Nasionale maand vir bewustheid oor gestremdhedeNasionale maand vir bewustheid oor gestremdhede...more7minPlay
November 03, 2015Bleikmiddel help nie teen outisme - KennerBleikmiddel help nie teen outisme - Kenner...more3minPlay
November 03, 2015MonitorVerskraal Diane Kohler-Barnard se skorsing nie die openbare diskoers nie? Is dit 'n oorreaksie wat die vryheid van ons spraak bedreig? Deelnemers aan vanoggend se debat is die politieke ontleders Harald Pakendorf en Max du Preez....more13minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.