Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.
November 16, 2015MonitorTe midde van vrese dat Afrikaans 'n knou weg het by universiteite, leef die taal suksesvol voort in die filmbedryf. Die produksiemaatskappy, Black Sheep, se eerste plaaslike rolprent word binnekort vrygestel - in Afrikaans....more6minPlay
November 13, 2015MonitorKrisjan Fourie het 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus....more7minPlay
November 12, 2015MonitorInwoners van die Bo-Kaap in Kaapstad sê die woonbuurt kan 'n slagoffer word van die proses bekend as gentrifikasie. Dit is waar welgestelde mense huise in vervalle buurte koop en dan verbeter. Die gebied met sy helderkleurige huise word deur die Amerikaanse Wêreld Monumentefonds erken, weens die woonbuurt se kenmerkende spreektaal, argitektuur en Moslemkultuur. Berenice Moss berig dat die gemeenskapsorganisasie in die Bo-Kaap bekommerd is dat daar nie wetgewing is om die woonbuurt teen ontwikkelaars te beskerm nie....more4minPlay
November 12, 2015MonitorDie parlement se portefeuljekomitee op polisie het bevind dat die polisie se topbestuur die parlement mislei het. Polisiegeneraals moes aan die komitee verduidelik hoe dit gebeur het dat hulle twee mediaverklarings ter ondersteuning van die geskorste nasionale polisiekommissaris, Riah Phiyega, uitgereik het. Dit was kort nadat die Farlam-kommissie van ondersoek aanbeveel het dat haar bevoegdheid vir die pos as polisiehoof ondersoek moet word. Die komitee het onder andere probeer vasstel hoe eerlik die generaals was, of hulle die polisiediens oneer aangedoen het, en of hulle 'n proses wat reeds deur president Jacob Zuma aan die gang gesit is, probeer beïnvloed het. Zalene Merrington berig dat dit die eerste keer sedert 1994 is dat so 'n ondersoek in terme van reël 201 van die parlement gedoen word....more3minPlay
November 12, 2015MonitorDie minister van Polisie, Nathi Nhleko, sê 'n ministeriële verwysingsgroep het aanbeveel dat 'n raad van ondersoek gehou word om die geskorste kommissaris van polisie, Riah Phiyega, te ondersoek. Die groep het sedert Julie verlede jaar deur die land gereis om klagtes teen Phiyega te ondersoek. Zalene Merrington berig dat senior polisielede onder andere uit hulle poste as adjunknasionalekommissarisse onthef is sonder dat hulle geraadpleeg is....more4minPlay
November 11, 2015MonitorRusland kan moontlik uit volgende jaar se Olimpiese Spele in Rio de Janeiro geskors word. Só sê die hoof van Wêreldatletiek, Sebastien Coe, ná die skokonthulling dat die atletieksupermoondheid verbode middels aan sy atlete verskaf. Die Russiese atletiekfederasie, Araf, moet teen Vrydag op die bewerings reageer, anders sal hy beslis geskors word. Ivor Price praat hieroor met die atletiekstatistikus en skrywer, Riël Hauman....more10minPlay
November 06, 2015MonitorDie Minister van Sport, Fikile Mbalula, is tevrede met die pas waarteen transformasie in Suid-Afrikaanse rugby geskied. Die kwessie van transformasie in die nasionale rugbyspan is onder die loep nadat slegs agt spelers van kleur by die Springbokgroep vir die Wêreldbeker ingesluit is....more5minPlay
November 06, 2015Monitor'n Gesprek oor witheid het gister in Johannesburg in 'n fel woordestryd tussen verskillende belangegroepe ontaard. Die woordestryd het ontstaan in reaksie op die voorleggings van Afriforum en Solidariteit. Izak du Plessis berig dat die meerderheid van die gehoor en sprekers skerp kritiek op die twee voorleggings gelewer het....more5minPlay
November 06, 2015MonitorKrisjan Fourie kyk na sake soos die droogte en die Fees Must Fall-veldtog....more7minPlay
November 05, 2015MonitorEnige debat oor wit-wees lei die aandag af van die groter probleme waarmee die regering worstel. Só glo die adjunkhoof van Afriforum, Ernste Roets. Ivor Price en Anita Visser praat met hom hieroor....more8minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.