Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.
December 04, 2015MonitorDie publiek het op sosiale media Heynecke Meyer se bedanking met honderde tweets en facebook komentaar verwelkom. Meyer se kontrak as Springbok afrigter sou eers op 31 Desember verstryk maar SARU het dit hersien en Meyer het besluit om te bedank. Oud-Springbok kaptein Wynand Claasen het met Vincent Mofokeng gepraat oor wie volgens hom Meyer se opvolger kan wees....more5minPlay
December 02, 2015Monitor'n Kliniese sielkundige, en direkteur by die Nasionale Verantwoordelike Dobbelprogram, dr. Adiel Pretorius, sê behoorlike regulering kan die leed wat dobbelary aan individue en gesinne doen, verminder....more8minPlay
November 27, 2015MonitorKrisjan Fourie het 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus....more7minPlay
November 27, 2015MonitorOns waarsku sensitiewe persone dat die volgende insetsel ontstellend kan wees: Baie mense se nekhare rys oor die 16 Dae Van Aktivisme Teen Geweld Teen Vroue en Kinders. Een so 'n organisasie, Matrix Men, sê dat die mishandeling van mans en seuns dikwels met spot en minagting begroet word. Volgens die organisasie moet meer aandag aan mans gegee word. Marlinee Fouche het met die voorsitter, Martin Pelders, gepraat....more4minPlay
November 26, 2015MonitorDie Islamitiese Staat is aktief besig om Suid-Afrikaanse tieners vir terreurbedrywighede te werf. Om die waarheid te sê, minstens drie plaaslike tieners ontvang tans behandeling om vreedsaamheid bó 'n ideologie van terreur te kies. Só waarsku die Afrikadirekteur by die Konsortium vir Terreurnavorsing en -ontleding, Jasmine Opperman. Ivor Price en Anita Visser praat met haar hieroor....more15minPlay
November 26, 2015MonitorNovember is bewustheidsmaand vir mense wat leef met gestremdhede. Een van die groot kwessies, spesifiek vir mense wat met fisiese gestremdhede leef, handel oor die toeganklikheid tot openbare plekke en geboue. Nie almal is bewus wat regulasies en wetgewing hieroor sê nie, en vir die wat wel is, val dit gereeld op dowe ore. Joan-Marie Vehoef het gaan ondersoek instel....more6minPlay
November 26, 2015MonitorWetenskaplikes het vir die eerste keer bevestig en waargeneem hoe 'n ster deur 'n gravitasiekolk (black hole) ingesluk en verorber word. Ivor Price praat hieroor met ons wetenskapkorrespondent George Claassen....more4minPlay
November 25, 2015MonitorDie groot stryd in Suid-Afrika is tussen sy wit- en blouboordjiewerkers. Só sê die arbeidsbemiddelaar, Chris Jacobs, en die arbeidskenner, prof. Andries Bezuidenhout. Hulle praat oor Cosatu se twaalfde kongres wat tans in Midrand, Gauteng, aan die gang is....more20minPlay
November 24, 2015Monitor'n Groep wetenskaplikes versoek in 'n sterk-bewoorde verklaring dat epidemies soos Ebola beter hanteer moet word. Anita Visser praat hieroor met ons wetenskapkorrespondent George Claasen....more5minPlay
November 24, 2015Monitor'n Woefkardoes, beter bekend as 'n doggy bag, kry 'n heel ander betekenis by 'n restaurant op Ballito aan die KwaZulu-Natalse kus. Die mede-eienaar van die restaurant het met Hanri Wondergem gepraat oor 'n spyskaart, spesiaal vir honde....more3minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.