Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.
January 21, 2016MonitorDie leier van die Inkatha Vryheidsparty, Mangosuthu Buthelezi, sê hy kry deurgaans 'n koue skouer van Jacob Zuma. Die 87-jarige politikus, wat onder oud-president Thabo Mbeki die minister van binnelandse sake was, sê sy verhouding met die president het oor die jare heen stelselmatig verbrokkel. Inteendeel, Buthelezi reken as dit nie vir Zuma was nie, kon hy vroeër selfs die land se adjunk-president geword het....more6minPlay
January 21, 2016MonitorOntleders sê dit is nie 'n langtermyn oplossing vir internasionale beleggingsbanke om uit Afrika te onttrek nie. Metzi van der Merwe berig die uitsprake kom te midde van berigte dat Barclays dit oorweeg om 'n groot deel van sy bates in Afrika te verkoop....more3minPlay
January 21, 2016MonitorSuid-Afrika het nog nooit 'n vry en regverdige verkiesing gehad nie -- en hy't ook nie veel hoop vir die munisipale verkiesings later vanjaar. Só sê die IVP-leier, prins Mangosuthu Buthelezi, omdat die verkiesingsdatum steeds nie bekend gemaak is nie. Die 87-jarige Buthelezi, wat vroeër die week in die Monitor-ateljee was, glo die ANC hou aspris die datum geheim sodat opposisie-partye minder tyd het om stemme te werf....more5minPlay
January 20, 2016MonitorDie National Consortium for the Study of Terrorism (START) aan die Universiteit van Maryland in die VSA moniteer jaarliks terreuraanvalle dwarsoor die wêreld. Die navorsers sê dat alhoewel dit voorkom asof ons in 'n vlaag van terreur leef, was aanvalle tussen 1970 en 1994 baie meer algemeen as nou. Anita Visser en Ivor Price praat met Peter Knoope, voormalige direkteur van die Internasionale Sentrum teen Terreur en nou navorsingsgenoot by die Universiteit Pretoria, en met Jasmine Opperman, Afrika-direkteur van die Terreurnavorsing en Ontledingskonsortium, TRAC....more17minPlay
January 20, 2016Monitor'n Uitmergelende droogte het die land se boere op hul knieë. Belowende oeste het in die versengende hitte doodgebrand en die karkasse van eens moddervet vee lê oral op kurkdroë weivelde. Nie eens die onlangse reën kon sake red nie. Izak du Plessis het die Bosveld in Limpopo besoek en die verslag saamgestel....more8minPlay
January 20, 2016MonitorStygende kospryse het 'n negatiewe invloed op die algemene stand van Suid-Afrika se ekonomie, veral wat die invoer van sekere kossoorte betref. Die ondervoorsitter van die Suid Afrikaanse Nasionale Verbruikers Unie, Ina Wilken, het aan Dianke Nel gesê maatskappye trek ook swaar weens hoër inset-koste....more4minPlay
January 20, 2016MonitorDie Internasionale Monetêre Fonds het sy vooruitsigte vir wêreldwye ekomoniese groei vir die volgende twee jaar afwaarts aangepas. 'n Groeikoers van drie-komma-vier persent word vir vanjaar verwag. Suid-Afrika se vooruitsigte lyk selfs slegter.Anita Visser en Ivor Price praat met die hoofekonoom van die Efficient Groep, Dawie Roodt. Die IMF se ekonomiese groei vooruitskatting vir Suid-Afrika is maar een persent. Dit lyk slegter as in Oktober 2015 toe dit 1 komma 3 persent was....more7minPlay
January 19, 2016Monitor'n Uitmergelende droogte het die land se boere op hul knieë. Belowende oeste het in die versengende hitte doodgebrand en die karkasse van eens moddervet vee lê oral op kurkdroë weivelde. Nie eens die onlangse reën kon sake red nie. Izak du Plessis het die Bosveld in Limpopo besoek en die verslag saamgestel....more9minPlay
January 19, 2016MonitorDie voortslepende droogte het 'n direkte invloed op verbruikers se sakke wat kospryse betref. Die hoofekonoom van die ouditmaatskappy, KPMG, Lullu Krugel, het aan Dianke Nel gesê dit lyk of ons vir die volgende paar maande tot 'n jaar steeds hoë voedselpryse op die winkelrakke gaan sien....more5minPlay
January 18, 2016MonitorAGRI SA se bestuurshoof Omri van Zyl het Vrydag hoëvlaksamesprekings met die Minister van Finansies, Pravin Gordhan, en die Minister van Landbou, Senzeni Zokwana, gevoer oor maniere waarop die droogte hanteer kan word. Hy het na die tyd sy indrukke oor die gesprekke met Monitor gedeel....more13minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.