Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.
February 03, 2016MonitorIn Suid-Amerika gaan die ondersoeke na 'n verband tussen die gevreesde Zika-virus en mikrokefalie, of kleinskedelheid, steeds voort. Die Wêreld Gesondheidsorganisasie sê dit kan tot nege maande vir kenners neem om, of die verband sonder twyfel te bevestig, of verkeerd te bewys. Hier in Suid-Afrika is klein Naidine Smith in 2008 tydens geboorte met mikrokefalie gediagnoseer. Die siekte veroorsaak die vertraging van haar motoriese vaardighede. Volgens haar dokters het sy slegs 'n paar maande gehad om te lewe, maar sy is nou al amper agt jaar oud. Naidine se ouma, Hester Senekal, en 'n trustee van die Naidine Smith Trust het Naidine se storie met Dianke Nel gedeel....more5minPlay
February 03, 2016MonitorTerwyl die Zika-virus soos 'n veldbrand in die Amerikas versprei, hou dit nie 'n groot gevaar vir Suid-Afrika in nie. Só sê die Nasionale Instituut vir Oordraagbare Siektes, ondanks 'n wêreldwye nood¬toestand weens Zika, wat verbind word met duisende geboortedefekte in Brasilië. Die virus word deur 'n spesifieke muskiet oorgedra, en is vir die eerste keer in 1947 in Uganda by ape aangetref, en die eerste geval by mense in 1954. Anita Visser en Ivor Price praat hieroor met dr. Jantjie Taljaard, hoof van die Universiteit Stellenbosch en die Tygerberg-hospitaal se afdelings vir infeksie-siektes....more10minPlay
February 02, 2016MonitorMaer diere, damme en riviere wat opgedroog het, geen teken van groen gras nie, en 'n versengende hitte begroet besoekers aan die Nasionale Kruger Wildtuin. Dit lyk dalk na 'n natuurramp, maar in werklikheid is die droogte broodnodig vir natuurbewaring. Hanri Wondergem het saam met dr. Izak Smit, 'n wetenskaplike van SanParke, op 'n rit deur die wildtuin gegaan om agter die kap van die byl te kom....more4minPlay
February 02, 2016MonitorDie droogte word deur wetenskaplikes as 'n leerkurwe en goue geleentheid vir navorsing gesien. Boonop ly toerisme in die Nasionale Krugerwildtuin glad nie onder die droogte nie. Hanri Wondergem het by kenners in die wildtuin gaan aanklop om hierdie sake te bespreek....more5minPlay
February 01, 2016MonitorAs jy in matriek is - spits jou ore! Die punte wat jy vanjaar behaal, kan bepaal of jy jou drome kan gaan uitleef in die studierigting van jou keuse. Dis belangrik om presies te weet hoe jou finale punt saamgestel word en wat jy daarmee kan doen. Marlinee Fouche het met Umalusi gepraat om jou op hoogte te bring van hoe jou punte vanjaar saamgestel sal word....more4minPlay
February 01, 2016MonitorOf jy nou 'n entrepreneur, politikus, of Jan en San Alleman is - as jy woon of werk in Suid-Afrika, Zambië, Zimbabwe, Botswana, Mosambiek of Malawi - sal die meegee van die Karibadamwal jou raak. Indien die damwal ingee, sal beurtkrag weer ons voorland wees. Anna-Marie Jansen van Vuuren het meer besonderhede....more5minPlay
February 01, 2016Monitor'n Humanitêre ramp in Suidelike Afrika - só beskryf die president van die Pan-Afrika Landbouersorganisasie, dr. Theo de Jager, die verlammende effek van die droogte, nie net in Suid-Afrika nie, maar ook in Botswana, Mosambiek, Zimbabwe, Namibië en Zambië. Hy waarsku dat veral kleinskaalboere swaar getref geword, en die kans staan om alles te verloor....more9minPlay
January 29, 2016MonitorKrisjan Fourie het 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus....more10minPlay
January 28, 2016Monitor'n Nadoodse ondersoek het breinbloeding by die voormalige Suid-Afrikaanse tennisspeler, Schalk van der Merwe, gevind. Hy is Sondag op die ouderdom van 54 jaar in Ierland oorlede. Hy is dood in sy motor gevind. Sy jarelange vriend en die president van Boland Tennis, dr. Danie Morkel, sê Van der Merwe was 'n uitstekende tennisspeler....more3minPlay
January 28, 2016MonitorMaties se nuutverkose konvokasie-bestuur, verteenwoordig die dae toe die universiteit net een taal, een kultuur en een ras ingesluit het. Só sê die Universiteit Stellenbosch se studenteraad in 'n sterk bewoorde verklaring, ná Dinsdagaand se konvokasie-vergadering. Die digter Breyten Breytenbach het op die vergadering gesê dis onsin om te sê dit is nie 'n universiteit se taak om 'n taal te beskerm nie. Ivor Price praat met die konvokasie se nuutverkose-president, adv. Jan Heunis....more11minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.