Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,566 episodes available.
February 19, 2016MonitorInternasionale navorsing oor hoe gelukkig kinders is, plaas Suid-Afrika elfde op die lys van 16 lande. Die navorsing is befonds deur die Jacobs-stigting in Switserland. Marlinee Fouche berig dat lande soos Engeland, Pole, Duitsland en Algerië betrek is by die navorsing wat op agtjariges gefokus het. Ses-en-vyftig-duisend kinders het aan die studie deelgeneem....more2minPlay
February 19, 2016Monitor'n Studie wat bepaal hoe gelukkig kinders is, het Suid-Afrika elfde uit 16 lande geplaas. Die navorsing is gedoen deur eenvoudige vrae deur middel van prentjies aan agtjariges te vra oor wat hulle gelukkig maak. Die omvattende studie is deur die Jacobs-stigting in Switserland befonds, en is deur navorsers wêreldwyd gedoen. Dis die eerste keer dat navorsing van die aard gedoen word. Die ontwikkelingsopvoedkundige, Melodie de Jager, het vir Marlinee Fouche gesê dis relevante navorsing wat ernstig opgeneem kan word....more4minPlay
February 17, 2016MonitorDie Universiteit Stellenbosch se gebrek aan bestuur het bygedra tot die verguising van sy dogter en ander mense op sosiale media. Dis die mening van dr. Joggie Briedenhann van Windhoek. Hy het gereageer op die #Blackface-debakel waarin sy dogter Poekie en haar vriendin Jo-Anne Cloete onlangs betrek is. Die voorval word nog druk op sosiale media bespreek. Briedenhann het aan Izak du Plessis verduidelik waarom hy meen die universiteit moes die voorval beter hanteer het....more5minPlay
February 17, 2016MonitorDie wetenskapwêreld het verlede week behoorlik gegons or nuwe bewyse dat Albert Einstein se relatiwiteitsteorie reg is. 'n Suid-Afrikaanse teoretiese fisikus wat betrokke was by die navorsing, dr.r Jeandrew Brink, het met Marlinee Fouche gepraat oor die man aan die stuur van die navorsing, Kip Thorn. Hy hou nie net sy lyf fisikus nie, maar staan ook reggiseurs by in die maak van fiksierolprente....more3minPlay
February 17, 2016MonitorDie regering doen aan die hand dat ma's hulle babas nou met 'n koppie moet voed, eerder as die gebruiklike bottel. Vroue wat voorgeboorte klasse bywoon by verskeie klinieke word aangemoedig om hulle babas eerder met koppies te voed, omdat dit na bewering meer higiënies is. Volgens die Departement van Gesondheid se beleid vir die voeding van jong kinders, word koppievoeding aangemoedig weens verskeie redes. Thabile Mbehle en Marlinee Fouche het die saak ondersoek....more4minPlay
February 16, 2016Monitor'n Luisteraar, Ernst Kirstein, skryf dat hy nie verstaan hoe 'n melkprodusent vir een liter melk wat hy aan 'n maatskappy lewer, net R4,28. Dit, skryf hy, terwyl die verbruiker vir 'n twee liter melkhouer tot R28 in 'n supermark moet betaal. 'n Landbou-ekonoom aan die Vrystaatse Universiteit, prof. Johan Willemse, sê daar is verskeie redes hiervoor....more4minPlay
February 16, 2016MonitorSewe Poolse studente wat Afrikaans aan die Adam Mickiewicz Universiteit studeer, besoek Suid-Afrika op die oomblik. Die groep onder leiding van prof. Fanie Olivier besoek die land as deel van hulle leerplan in die Departement Suid-Afrikaanse Studies. Izak du Plessis het aan Olivier en sy groep gevra waarom hulle juis Afrikaans wil leer....more5minPlay
February 16, 2016MonitorJy het meer gemeen met die uitgestorwe Neanderdal-mens as wat jy dink. Die gesaghebbende Science-joernaal het pas verskeie DNS-eienskappe wat ons met die Neanderdallers deel, gepubliseer. Ons wetenskapkorrespondent George Claassen, verduidelik....more3minPlay
February 12, 2016MonitorPresident Jacob Zuma het in sy staatsrede beloof om gemeenskappe in droogtegeteisterde gebiede te help. Die landbousektor is grootliks geïgnoreer, met Zuma wat slegs verwys het na boere wat swaarkry en wie se diere vrek. Die uitvoerende hoof van Agri-SA, Omri van Zyl, gee sy indrukke....more2minPlay
February 12, 2016MonitorKrisjan Fourie gee 'n satiriese blik op die afgelope week se hoofnuus....more10minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,566 episodes available.