Die identifikasie van die oorskot van die 85 Suid-Afrikaners wat in 'n Nigeriese kerkgebou gesterf het, is 99,99% seker. So voel Unistel by die Universiteit Stellenbosch oor die DNS-toetse wat gedoen is om die identiteit te bepaal. Die bestuurshoof van Unistel, dr. Munro Marx, sê daar is deurentyd net met DNS-monsters gewerk en Unistel het glad nie met die oorskot self gewerk nie. Die Mkhulisi-familie van Benoni aan die Oos-Rand beweer die verkeerde oorskot is aan hulle oorhandig. Marx sê al die nodige stappe is gedoen om te verseker dat die identifiksie korrek was voordat die oorskot aan die families terugbesorg is.