Die bekende raadgewende ekonoom, dr. Cees Bruggemans van Bruggemans en Genote, sê die defaitistiese instelling wat internasionaal geskep is met die groot ekonomiese en finansiële krisisse van 2008 en 2009, word stadig maar seker omgeswaai en ontgroei. Dis ongelukkig nog nie waar in Suid-Afrika nie. Hoe gemaak? Cobus Bester praat hieroor met Bruggemans en met nog 'n bekende, die beleggingskenner en Uitvoerende Hoof van Galileo Capital, Theo Vorster.