Britse parlementslede het vandeesweek oorweldigend gestem ten gunste van die manipulering van 'n baba se DNS, ten einde genetiese mutasies te keer wat tot toestande soos diabetes, doofheid, demensie en hartsiektes kan lei. Die tegniek wat reeds volgende jaar in die praktyk toegepas kan word, is gebaseer op die samevoeging van een man en twee vroue se DNS deur middel van invitro-bevrugting. Die foutiewe DNS word in die proses uitgeskakel. Anita Visser praat hieroor met 'n genetikus van die Universiteit van Pretoria, prof. Henk Huysmans.