Die veroordeelde moordenaar, Eugene de Kock, hoop om môre die grootste verjaardaggeskenk van sy lewe te kry. De Kock wat vandag 65 is, se paroolaansoek-uitslag word môre deur die Minister van Justisie en Korrektiewe Dienste, Michael Masutha, bekendgemaak. Hy het in die verlede al verskeie onsuksesvolle aansoeke gebring, daarom wil hulle nie die minister se aankondiging môre vooruitloop nie, sê dr. Piet Croucamp wat hom jare lank beywer vir De Kock se vrylating.