Die veteraanjoernalis, politieke kommentator en rubriekskrywer, Max du Preez, het as rubriekskrywer by die Independent Media-groep bedank. Du Preez het sy bedanking per brief aan die Independent-groep se Groep Uitvoerende Redakteur, Karima Brown, gerig. Dit volg op die groep se besluit om 'n verskoning te plaas ná Du Preez se rubriek van twee weke gelede, waarin daar na die "Zuma Wrecking Ball" verwys is. Die rubriek het 'n heftige reaksie van die Presidensie ontlok. Cobus Bester praat met Max du Preez.