Eergister se gyselaars drama in Martin Place, Sydney, het die lewens van die Lindt Cafe bestuurder, die 34-jarige Tori Johnson en 'n 38-jarige advokaat, Katrina Dawson geeïs en vier ander beseer. Nou dat die stof gaan lê het, is dit tyd vir besinning met die Australiese premier Tony Abbott wat wil weet hoe dit moontlik is dat 'n moeilikheidmaker met 'n geskiedenis van geweld soos die Iranees, Man Haron Monis, se bewegings nie beter gemoniteer is nie. Aniat Visser het regstreeks met die risiko ontleder en terreur-spesialis en direkteur van die politieke denkskrum, SAGE Internasional, dr. John Bruni gepraat.