Twee belangrike studies wat vandeesweek vrygestel is, beklemtoon weer eens die waarde van oefening om die aftakeling van die brein te vertraag. Die eerste studie wat in Australië gedoen is, en wat in die aanlyn weergawe van Plos Medicine gepubliseer is, het bevind dat rekenaargefundeerde breinoefening vir bejaardes as sterk teenvoeter kan dien teen demensie. Die ander studie wat in Swede gedoen is, se bevindings is dat matige oefening jou kanse om Parkinson se siekte te kry, met 43% verminder. Anita Visser praat hieroor met ons wetenskapkorrespondent, George Claassen.