Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.
November 06, 2014Steve kry hofbevelDie sanger Steve Hofmeyr het gister 'n dringende hofbevel teen Conrad Koch, die humoris agter die buiksprekerpop Chester Missing, gekry. Hofmeyr sê die Randburgse Landdroshof het dit duidelik gemaak dat hy nie verder geteister mag word nie. Missing mag ook nie enige kontak met Hofmeyr se vennote of borge maak nie. Kwetsende of lasterlike aanmerkings oor Hofmeyr op sosiale media is ook verbied. 'n Lasbrief is vir Koch se inhegtenisneming is uitgereik en sal uitgevoer word indien hy die interdik verontagsaam....more2minPlay
November 06, 2014Ma's maak beweerde pedofiel se naam bekendTwee susters van Hartbeespoortdam in Noordwes het besluit om die identiteit van 'n vermeende pedofiel bekend te maak nadat hy vandeesweek uit die tronk vrygelaat is. Hulle kinders is glo deur hulle half broer verkrag, gesodomiseer en seksueel misbruik. Die 20-jarige het vlugtig in die landdroshof in Brits op twee aanklagte van verkragting en drie van seksuele aanranding verskyn. Die saak is Maandag teruggetrek nadat hy vier maande in aanhouding was. Hy woon glo nou sowat agt kilometer van sy vermeende slagoffers. Die twee susters het plakkate met die man se naam en sy beweerde oortredings buite laerskole in die omgewing opgesit. Liela Magnus het met die kinders se ma's gepraat....more4minPlay
November 05, 2014Vrese oor Coxsackievirus ongegrondDie instituut vir oordraagbare siektes sê hoewel daar geen behandeling vir die Coxsackievirus is nie, hoef die publiek nie te vrees dat daar 'n onbeheerbare uitbreking van die virus in Suid-Afrika is nie. Sosiale netwerke was aan die gons nadat 'n kleuterskool op Vryburg in Noordwes sy deure gesluit het omdat die kinders na bewering die virus onder lede gehad het. Verskeie mense het op Facebook geskryf dat hulle kinders ook die virus het....more4minPlay
November 03, 2014Eskom se problemeDie kragverskaffer Eskom loop deur onder kritiek, met bykans die ganse land wat beurtkrag sal moet verduur. Instandhouding blyk die grootste probleem te wees. 'n Silo met tonne steenkool by Eskom se Majuba-kragstasie het die naweek ineengestort, en kragvoorsiening is as gevolg daarvan beperk....more4minPlay
November 03, 2014Meer beurtkrag-druk vir sommigeDie ekonoom en eienaar van economist.co.za, Mike Schussler, sê alhoewel almal deur Eskom se beurtkrag geraak word, is daar tog sekere sektore wat onder meer druk sal wees......more3minPlay
October 31, 2014Gedenkdiens vir drie atleteDie Suid-Afrikaanse sportgemeenskap het gister hulde gebring aan drie sportsterre wat die afgelope paar dae tragies oorlede is. Die 800 meter wêreldkampioen en silwer medalje-wenner by die 2004 Athene Olimpiese Spele, Mbulaeni Mulaudzi, die Bafana Bafana kaptein Senzo Meyiwa en die vroue-bokser Phindile Mwelase is binne drie dae van mekaar dood. Verskeie hooggeplaastes het gister se gedenkdiens by die Standard Bank-arena in Johannesburg bygewoon....more5minPlay
October 30, 2014MatriekeksamenDie matriekeksamen is nie die einde van die wêreld nie. Dit is die mening van prof. Lukas Meyer van die Fakulteit Opvoedkundige Sielkunde op die Potchefstroomkampus van die Noordwes-Universiteit. Hy sê die regte soort spanning kan selfs goed wees....more4minPlay
October 27, 2014Hlaudi-uitspraak kan verreikende gevolge hêDie uitspraak in die Wes-Kaapse Hooggeregshof oor die SAUK bedryfshoof, Hlaudi Motsoeneng, kan verreikende gevolge hê. Ingevolge die uitspraak moet Motsoeneng geskors, en dissiplinêre prosesse teen hom begin word. Dit kan nou die weg baan vir opposisiepartye wat aanklagte wil bring teen pres. Zuma oor die wanbesteding by sy private woning op Nkandla. Anita Visser praat hieroor met die grondwetkenner, emeritus professor Marinus Wiechers....more4minPlay
October 24, 2014SA kwadrupleeg ingenome stamsel-oorplantingDie Suid-Afrikaanse kwadrupleeg, Tommy Prins, is baie ingenome met die vordering wat hy gemaak het ná stamsel-oorplantings twee jaar gelede. Die 34-jarige Prins het drie maande gelede die eerste keer 'n lepel vasgehou, en kan nou weer self eet na sy ongeluk op 25-jarige ouderdom. Die ongeluk het gebeur toe Prins by Hartenbos teen 'n sandwal in die see geduik het....more4minPlay
October 23, 2014Deurbraak vir stamselnavorsing"Dis groter as die maanlanding" sê professor Geoff Raisman van die University College London se Instituut vir Neurologie oor die oorplanting van senuweeselle van die neus se slymvlies na die rugmurg. Die praktiese gevolg is dat 'n Bulgaarse parapleeg weer met die hulp van 'n loopraam kan beweeg....more5minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.