Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.
October 09, 2014Kyalami opgeknapDie Kyalami-renbaan in Johannesburg behoort nou amptelik aan Porsche Suid-Afrika. Die baan is in Julie vanjaar op 'n veiling R250-miljoen verkoop. Porsche SA het gister die nodige oordrag van eiendomsdokemente ontvang en die geld aan die likwidateurs oorbetaal. Hulle wou kort na die veiling geen besonderhede oor hulle ontwikkelingsplanne vir die eiendom van sowat 72 hektaar bekendmaak nie, alvorens die oordrag van die eiendom nie afgehandel is nie. 'n Woordvoerder van Porsche SA, Christo Kruger, het bevestig dat Kyalami opgeknap sal word, moontlik met die oog daarop om internasionale ren-reekse te lok....more3minPlay
October 09, 2014Britse weermag soek SA maatskappye se tendersDie Britse regering se UK Trade & Investment-organisasie, wat Britse maatskappye in die buiteland bystaan, het Suid-Afrikaanse maatskappye genooi om tenders in te dien om hulle dienste en produkte aan die land se weermag te verskaf. Die organisasie sê hulle wil hierdeur nouer bande smee met plaaslike maatskappye....more2minPlay
October 06, 2014Pieter-Dirk UysDie vermaarde satirikus en komediant Pieter-Dirk Uys is na 35 jaar terug op die verhoog van die Markteater in Johannesburg. Uys het sy eenmanvertoning, Adapt or Die, in 1981 vir die eerste keer in hierdie teater opgevoer. Nou is hy terug met Adapt or Fly. Izak du Plessis praat met hom oor sy loopbaan as satirikus. Hy wou by hom weet of humor vandag anders lyk as 35 jaar gelede....more22minPlay
October 06, 2014Nuwe belastingvorm vir trustsAs jy 'n trust gestig het om die Ontvanger 'n rat voor die oë te draai, wag daar dalk 'n ongemaklikheid op jou, om dit sag te stel. Die nuwe belastingopgawevorm vir trusts, ITR12TR om hom sy formele naam te gee, tree vandag in werking en kenners waarsku dat dit slegte nuus is vir mense wat trusts gebruik vir duistere redes. Cobus Bester praat hieroor met die voorsitter van die Nasionale Belastingsbelanghebberskomitees van die Instituut van Professionele Rekenmeesters, Ettiene Retief......more5minPlay
October 03, 2014Afrika-prys vir innoverende ingenieursweseTwee Suid-Afrikaners is op die kortlys vir die eerste Afrika-prys vir innoverende ingenieurswese. Die kompetisie word deur die Verenigde Koninkryk se Royal Academy of Engineering aangebied. Al 12 kandidate op die kortlys begin nou met ses maande opleiding om hulle idees te omskep, sodat dit werk skep en die ekonomie bevorder....more5minPlay
October 01, 2014Theuns Eloff oor kritiek op NWUDie voormalige visekanselier van Noordwes Universiteit, Theuns Eloff, het vandeesweek teruggekap na 'n striemende aanval op die NWU en op sy leierskap van daardie instelling. Die Minister van Hoër Onderwys, Blade Nzimande, het ondermeer na NWU as 'n apartheidsenklawe verwys. Eloff het onder meer vir Nzimande daarvan beskuldig dat hy selektief te werk gaan en nog nooit kritiek gehad het vir 'n aantal werklik wanfunksionele universiteite in die land nie. Cobus Bester praat hieroor met Eloff....more12minPlay
October 01, 2014Vertaling van Afrikaanse gedigte in NederlandsEen van die gaste in Den Haag by 'n literêre geleentheid was Robert Dorsman, wat baie van Antjie Krog en Breyten Breytenbach se poësie in Nederlands vertaal het. Monitor se korrespondent in Den Haag, Lily-Anne Stroobach, het hom gevra hoe moeilik dit was om die taak te verrig....more6minPlay
October 01, 2014ALLERLIEFSTE, EK STUUR VIR JOU 'N ROOIBORSDUIFBreyten Breytenbach se gedig ALLERLIEFSTE, EK STUUR VIR JOU 'N ROOIBORSDUIF is die naweek in Nederland as die mooiste Afrikaanse gedig van alle tye aangewys. Van die mooiste gedigte uit die Afrikaanse letterkunde is in Den Haag by 'n literêre geleentheid deur Etienne van Heerden, Sonja Loots, Kirby van der Merwe en Marita van der Vyver gelees. Na afloop van die geleentheid is die mooiste gedig deur die publiek gekies. Ina Strydom lees die gedig voor....more1minPlay
September 30, 2014Vitamien D en AlzheimersMense met lae vlakke vitamien D in hulle bloed se kanse is veel hoër om Alzheimer se siekte op te doen, het wetenskaplikes bevind. Anita Visser praat met ons wetenskapkorrespondent, dr. George Claassen, oor die studie wat pas in die vaktydskrif NEUROLOGY gepubliseer is....more4minPlay
September 30, 2014Kuns vir wetenskaplikesDie Mangosuthu Universiteit van Tegnologie in Umlazi, suid van Durban, stel voor dat kuns as vak ingesluit word by die opleiding van Suid-Afrika se wetenskaplikes, tegnoloë, ingenieurs en wiskundiges. Die dekaan van ingenieurswese, Senzo Malinga, sê dit sal innoverende denke bevorder....more3minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.