Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.
September 29, 2014TornadoSterk winde het gister baie skade op die Noord-Vrystaatse dorp Sasolburg aangerig. Boonop beweer verskeie inwoners dat hulle vroeg gisteraand 'n tornado gesien het....more3minPlay
September 26, 2014Man praat oor vrou se dood in Nigerië'n Vrou van Plettenbergbaai in die Suid-Kaap, wat volgens alle aanduidings gesterf het in die gastehuisramp by TB Joshua se kerk in Nigerië, se dood is nog nie forensies bevestig nie. Haar man, die 47-jarige Anthony van der Byl van Plettenbergbaai, sê profeet TB Joshua het kort na die voorval vir hom gesê dat sy vrou een van die 84 Suid-Afrikaners is wat in die ramp omgekom het....more9minPlay
September 25, 2014StaatspensioenfondsMonitor het vroeër vandeesweek berig oor grootskaalse bedankings in sommige provinsies van onderwysers en ander lede van die Staatspensioenfonds. Die mense wil blykbaar hulle pensioengeld losmaak voor moontlike wysigings aan pensioenwetgewing dit voorkom. Maar die optrede berus blykbaar grootliks op 'n misverstand. Cobus Bester praat hieroor met 'n trustee van die Staatspensioenfonds, generaalmajoor Dries de Witt....more6minPlay
September 24, 2014DNS-toetse op slagoffersDie uistlae van DNS-toetse wat gedoen word om die Suid-Afrikaners uit te ken, wat in Nigerië dood is, sal spoedig bekend wees. Volgens dr. Carolyn Hancock, direkteur van die DNA Project kan die uitslag van DNS-toetse binne so gou as 24 uur bekend wees. Minstens 84 Suid-Afrikaners het omgekom toe 'n gebou in Lagos, Nigerië, op 10 September inmekaargestort het....more4minPlay
September 23, 2014Kommer oor pensioenDaar heers groot kommer oor die aantal onderwysers en ander staatsamptenare wat bedank om toegang tot hulle pensioene te kry voor die instelling van nuwe wetgewing aanstaande jaar. Die nuwe wetgewing bevat maatreëls om landsburgers te dwing om voorsiening te maak vir hulle oudag. Dit druis egter in teen die gebruik van baie mense om pensioengeld te gebruik vir skuld- en verbruiksbesteding. Cobus Bester praat hieroor met die Aktuaris vir Openbare Beleid by die Aktuariële Genootskap, Niel Fourie....more7minPlay
September 23, 2014Afrika soesji'n Voormalige veiligheidswag wat die skool op 14 verlaat het, is besig om eetgewoontes in Johannesburg se middestad merkbaar te verander. Vusi Kunene het sy soesjirestaurant, The Blackanese, sowat twee jaar gelede oopgemaak. Sy doel was om Japanese fynkos te Afrikaniseer, sodat meer swart mense dit eet. Kunene sê hy nie gedink die resultate sou so dramaties wees nie......more7minPlay
September 16, 2014TestamenteweekDie prokureursorde het hierdie week tot Nasionale Testamente Week verklaar wat beteken dat Suid-Afrikaners gratis testamente kan laat opstel. Testamente en boedelbeplanning is iets wat jy liefs vir heelwat later in jou lewe wil los, maar 'n prokureur, Ruurd van der Wal, sê dit moet heel bo-aan jou agenda wees. Hy sê jy moet jou aanlyn-lewe ook inreken......more4minPlay
September 15, 2014Generaal Koos de la ReyGeneraal Koos de la Rey is vandag (15/9/2014) 'n honderd jaar gelede doodgeskiet. Hoewel daar heelwat belangstelling in Afrikanergeledere is oor hierdie oud-Boeregeneraal, word min aandag gegee aan hoe hy dood is en wat die gevolge daarvan was....more9minPlay
September 10, 2014Maphatsoe trek beskuldiging terugDie adjunkminister van verdediging en voorsitter van die vereniging vir MK-militêre veterane, Kerby Maphatsoe, het sy beskuldiging teruggetrek dat die openbare beskermer, Thuli Madonsela, 'n agent is van die Amerikaanse inligtingsdiens, die CIA. Maphatsoe was onder druk om om verskoning te vra nadat hy die afgelope naweek 'n skerp aanval op haar geloods het. Maphatsoe is ook gister in die parlement geroskam....more4minPlay
September 10, 2014“Sekere misdadigers moenie tronk toe”'n Vooraanstaande forensiese sielkundige verbonde aan die Universiteit van die Vrystaat, glo dat sekere misdadigers nie tronkstraf opgelê moet word nie. Volgens prof. Dap Louw sal dit ook van toepassing wees op die moordbeskuldigde, Oscar Pistorius, indien hy later die week skuldig bevind word aan die moord op Reeva Steenkamp....more4minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.