Mense is vandeesweek wêreldwyd geskok oor die nuus van die Amerikaanse akteur en komendiant, Robin Williams, se dood. Volgens voorlopige verslae van die polisie het Williams homself gehang. Berigte dat Williams vir jare lank aan depressie gely het, het ook talle geskok. En gister het sy vrou bekendgemaak dat hy 'n vroeë stadium van Parkinson se siekte onder lede gehad het. Kenners sê depressielyers word dikwels geïgnoreer, of vermy tot dit te laat is. Die wetenskapjoernalis, Elsabe Brits, en skrywer van die boek, KYK MY IN DIE OË, sê lyers van psigiatriese siektes moet mediese hulp kry.