Sign up to save your podcastsEmail addressPasswordRegisterOrContinue with GoogleAlready have an account? Log in here.
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.
September 09, 2014Word onderwysers te veel betaal?“Onderwysers word te veel betaal.” Die bekende ekonoom, Dawie Roodt van die Efficientgroep, het gister weer behoorlik die knuppel in die duiwehok ingeslinger in 'n voorbladberig. Nodeloos om te sê, was die reaksie op sy beweerde uitlatings ook onmiddellik en heftig. Die Hoofsekretaris van die SA Onderwysersunie, Chris Klopper, het vir Roodt gemaan om hom by sy lees te hou. Cobus Bester praat hieroor met Klopper en Roodt....more15minPlay
September 09, 2014Nuwe huisleningsproduk vir eerste kopersAbsa Huislenings het pas 'n nuwe, formele manier aangekondig om 'n ou gebruik in te span om huis te koop. Oor die jare heen het baie jongmense met skrapse finansies, maar wat vir die eerste keer huis wou koop, noodgedwonge by ander moes leen om 'n voldoende deposito byeen te skraap. Nou kan dit op 'n formele en waarskynlik veiliger manier gedoen word. Cobus Bester praat hieroor met Ewald Kellerman van Absa Huislenings....more5minPlay
September 08, 2014Nuwe aantygings oor Helderberg-ramp'n Kenner sê die jongste aantygings oor presies watter soort vrag aan boord die Helderberg-vliegtuig in 1987 was, is genoeg om 'n heropening van die ondersoek na die ramp te regverdig. Die Sunday Times het gister berig dat 'n voormalige werknemer van SAL, Allan Dexter, op sy sterfbed 'n beëdigde verklaring oor die Helderberg-ramp afgelê het. In die verklaring sê Dexter dat amptenare van die Suid-Afrikaanse Lugdiens aan hom die oorsaak van die brand aan boord die vliegtuig bevestig het, naamlik ammunisie en vuurpylbrandstof....more6minPlay
September 08, 2014Little AnnieWat het 'n Russiese vliegtuig, 'n Suid-Afrikaanse gesin en 'n liefdadigheidsorganisasie gemeen? Hulle almal is mal oor vlieg, en wil die liefde vir lugvaart met almal deel. Die Just Love Mission doen dit op unieke manier......more5minPlay
September 05, 2014Reg van toegang tot inligtingDie hofopdrag dat die sogenaamde spioenasiebande aan opposisiepartye oorhandig moet word, het weer die vraag by mense laat ontstaan: wat is die gewone mens se reg van toegang tot inligting? Hoe ver strek dit? Waar begin of eindig die openbare belang? Is daar 'n verskil tussen die openbare belang en openbare belangstelling? Cobus Bester praat hieroor met prof. Lood Pretorius van die Universiteit van die Vrystaat se Departement Staatsreg en Regsfilosofie....more8minPlay
September 05, 2014ANC en EFF amper slaagsEFF en ANC-parlementslede het gister byna vuisgeslaan tydens 'n vergadering van die Komitee oor Magte en Voorregte. Die komitee is op die been gebring om 20 EFF-LP's se onlangse ontwrigting van die Nasionale Vergadering te ondersoek. Die EFF het toe luidkeels daarop aangedring dat die president sê wanneer hy die geld wat aan opgraderings aan sy Nkandla-woning bestee is, gaan terugbetaal. Die komitee het die arbeidsprokureur, Randall van Voore, aangestel as onafhanklike voorsitter van die komitee wat die ondersoek na die wangedrag lei....more4minPlay
September 04, 2014"Moenie stilbly oor verkragting"Om stil te bly oor 'n verkragting hou geen voordeel in vir slagoffers wat die misdaad oorleef het nie. Dit is die boodskap wat Kim Jacobs van Eldorado Park, suid van Johannesburg, versprei. Die jong meisie wat jare lank geswyg het oor haar donker geheim, wy nou haar lewe daaraan om ander te help. Sy ondersteun jong meisies en vroue wat seksueel aangerand is....more5minPlay
September 02, 2014Shifty RecordsIn die stormagtige 1980's in Suid-Afrika het die Shifty Records musieketiket 'n belangrike rol gespeel om, te midde van streng sensuur, kunstenaars se stemme te laat hoor. Die Shifty-verhaal van musikale aktivisme word nou deur middel van uitstallings, dokumentêre vertonings, paneelbesprekings en konserte vertel. Nina Oosthuizen het gaan kyk:...more5minPlay
September 02, 2014EtiketskoolVaardigheidsopleiding geniet gewoonlik baie meer aandag as wat sosiale gedrag in die samelewing geniet. Goeie tafelmaniere, 'n mooi regop houding en selfoonetiket is glo baie belangriker as wat baie mense dink. Suid-Afrika se eerste skool van etiket, waar gedragsdeskundiges mense die kuns van goeie maniere leer, is nou sowat 'n jaar oud. Volgens die eienaars word die skool al hoe gewilder. Darren Taylor het 'n dag by die SA Skool van Etiket in Johannesburg deurgebring om uit te vind wat goeie maniere nou eintlik is....more9minPlay
September 02, 2014Nuwe Eskombaas op kantoorDie nuut aangestelde uitvoerende hoof van Eskom, Tshediso Matona, het gister sy eerste dag op kantoor gehad, maar sal eers op 1 Oktober die leisels by die waarnemende hoof, Colin Matjila, oorneem. 'n Onafhanklike energiekenner is egter skepties of Matona die byna onmoontlike sal kan vermag om die kragverskaffer op die regte pad te kry....more4minPlay
FAQs about Monitor:How many episodes does Monitor have?The podcast currently has 4,541 episodes available.