Die ouditeurgeneraal, Kimi Makwetu, sê wanbestuur van die verkrygingsprosesse en onreëlmatige uitgawes gebeur nog op groot skaal in plaaslike regerings. Makwetu het sy jaarlikse verslag oor plaaslike regerings in Pretoria bekendgemaak. Hy sê uit die 319 oudits wat voltooi is, het slegs 22 munisipaliteite en agt openbare entiteite skoon oudits ontvang. Makwetu sê daar is mense wat al vir jare in die finansiële departemente van munisipaliteite aanbly, ongeag die feit dat die munisipaliteite nie skoon oudits kry nie. Cobus Bester praat hieroor met 'n onafhanklike konsultant, Werner Zybrandts.