'n Boer van Daniëlsrus in die Reitz-distrik, Andre van Greunen, is in die hospitaal oorlede nadat hy drie weke gelede op sy plaas aangeval is. Dit volg te midde van 'n aankondiging van die Menseregtekommisie om 'n ondersoek na plaasaanvalle te doen. Die minister van polisie, Nkosinathi Nhleko, het ook verlede week aangedui dat hy plaasaanvalle opnuut gaan pak. Izak du Plessis het in die lig hiervan 'n week in die Oos-Vrystaat deurgebring om tussen al die politieke retoriek en onsekerheid oor die verskynsel by boere self uit te vind hoe dit hulle raak.