Oudpresident Nelson Mandela is in sy laaste jare afgesonder, aan dikwels swak mediese behandeling blootgestel, en 'n interne politieke speelbal gemaak deur gesinslede en amptenare om hom. Sy jarelange getroue persoonlike assistent, Zelda le Grange, maak die skokonthullings in haar boek wat vandag op die rakke verskyn. GOEIE MÔRE, MNR. MANDELA is nie 'n volledige outobiografie nie, maar wel 'n aangrypende verslag van die amper 20 jaar wat die lewe van 'n jong vrou onherroepelik verander het.