Vandag 50 jaar gelede, op 12 Junie 1964, is wyle oud-President Nelson Mandela en sewe ander mede-beskuldiges in die Rivonia-verhoor lewenslange tronkstraf opgelê. Die ander beskuldiges was Dennis Goldberg, Kathy Kathrada, Andrew Mlangeni, Walter Sisulu, Govan Mbeki, Raymond Mhlaba en Elias Motsoaledi. Die Rivonia-verhoor het oor 'n tydperk van agt en 'n half maande plaasgevind, en word beskou as een van die belangrikste politieke hofsake in Suid-Afrika se geskiedenis. Die verslag is saamgestel deur Sandra de Lange, Angie Kapelianis en Danny Booysen.