Die Reading Universiteit van Engeland het bevind dat sonwinde geleiers kan wees vir weerlig. Daar word gehoop om in die toekoms hierdie inligting te gebruik om te voorspel waar en wanneer weerlig-storms verwag kan word. Professor Hannes Rautenbach, 'n weerkundige aan die Universiteit van Pretoria, sê die voorkoms van weerlig in Lesotho en Suid-Afrika is van die hoogste in die wêreld, met 'n jaarlikse voorkoms van sowat sewe direkte weerlig-slae vir elke een vierkante-meter.