Die SAUK se besluit om 'n verkiesingsadvertensie van die DA te verbied, is ongrondwetlik en onwettig. So sê die party se leier, Helen Zille, wat die naweek in Soweto gereageer op 'n besluit van die openbare uitsaaier om nie 'n televisie- en radio-advertensie van die party uit te saai nie, onder meer op grond daarvan dat die advertensie glo geweld sal aanhits. Die DA het Saterdag 'n klag by die Onafhanklike Kommunikasie-owerheid van Suid-Afrika hieroor ingedien en daar word verwag dat Okosa reeds vandag uitspraak daaroor sal gee.